10 sterf in gru-botsing
2012-02-07 09:57
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
Tien mense is vanoggend vroeg dood in 'n gru-botsing op
die N1-noord sowat 30km vanaf Makhado (Louis Trichardt) in Limpopo.
'n Minibus en 'n vragmotor het gebots. Dit is onduidelik wat
die ongeluk veroorsaak het.
Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê nog ses
mense is ernstig in die ongeluk beseer.
Van die beseerdes is na die Elim-hospitaal vir behandeling
gebring.
'n Gedeelte van die N1-noord was teen 10:00
steeds vir verkeer gesluit.