10111 - Skande

2010-02-03 00:41
Reservis geskiet

Sers. Johnny de Jager, ’n polisiereservis, vertel hoe hy en sy vriendin, me. Karen Victor, gesukkel het om die mense aan diens by die 10111-inbelsentrum te laat verstaan wat gebeur het nadat twee gewapende rowers die paartjie oorval het. Foto: theana

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Polisiereservis wat drie keer tydens ’n huisrooftog in Murrayfield, Pretoria, raak geskiet is, kon ná vier oproepe na 10111 steeds nie reaksie van die polisie kry nie.

Die aanval op sers. Johnny de Jager (52), ’n reservis van die Villieria-polisiekantoor, was Vrydag, dieselfde dag dat sowat 50 000 polisielede nasionale polisiedag in Bloemfontein gevier het.

De Jager het gister vertel hy en me. Karen Victor, sy vriendin, het hul storie Vrydagaand omtrent agt keer vergeefs aan die 10111-inbelsentrum se operateurs vertel.

“Hulle het een keer gevra of Murrayfield in Johannesburg is.

“ ’n Ander keer het hulle gesê hulle verstaan nie die (prioriteits)kode (wat die prioriteit van ’n klagte beskryf) wat ek vir hulle gegee het nie. Daarby kon hulle nie Engels verstaan of ordentlik praat nie.”

Die paartjie het in De Jager se woonstel in ’n afgebakende veiligheidsgebied gesit en koffie drink toe hulle meteens in twee vuurwapens se lope vasgekyk het.

“Die een het my laat sit en op die kop geslaan. Ek het afgekyk, want elke keer as ek opkyk, het hy my weer geslaan. Hulle het haar (Victor) ook baie geklap,” het De Jager gesê.

“Hy het heeltyd gesê: ‘I’ll kill you.’

“Hy het toe die rewolwer teen my kop gedruk en die sneller getrek. My ore het getuit. Ek het gesoek vir die tekens van bloed wat vloei en die bene wat lam raak, maar daar was niks. Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar hy het my skrams op die agterkant van my kop getref.”

Die twee rowers het die paartjie in die badkamer ingedwing. Intussen het De Jager sy vasgebinde hande losgewikkel.

Een het ’n duvet oor Victor se kop gegooi. Toe die ander man inkom, het De Jager hom gegryp en teen die muur gegooi. De Jager het die rower se vuurwapen, wat in die wasbak geval het, gegryp en ’n skoot afgevuur.

Een rower het uitgehardloop terwyl die ander op De Jager geskiet en sy pinkie getref het. Hulle het begin stry waarna De Jager nog ’n skoot afgevuur het. Die rower het teruggeskiet en De Jager in die arm getref.

Albei rowers het weggehardloop. Dis toe sy probleme met 10111 begin het. “Ek het kalm gebly en net die relevante inligting gegee wat die polisievoertuig in staat sou stel om by die toneel uit te kom,” het De Jager gesê. “Die operateur het gesê hy weet nie waar Murrayfield is nie.

“Sulke situasies sal meer positief uitdraai as die persoon by 10111 die inligting kan verstaan en deurgee. Dit kan ’n verskil van 30 sekondes maak wat daartoe kan lei dat ’n verdagte gevang kan word of nie.”

Ná die vierde probeerslag het Victor met De Jager hospitaal toe gejaag.

’n Polisielid het die volgende oggend by De Jager in die hospitaal aangekom en vir hom gesê hy moet hom bel as hy gesond is.

Dir. Govindsamy Mariemuthoo, kommunikasiehoof van die Gautengse polisie, het gesê die bewerings word in ’n ernstige lig beskou en sal ondersoek word.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
107 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.