16 pond-hamer eis vasgebinde vrou (63)

2010-12-03 21:43

Mev. Marthie Erasmus verlede Donderdag op haar 63ste verjaardag.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Plaasaanvallers het ’n vrou van die Koster-distrik in Noordwes eergistermiddag met vermoedelik ’n 16 pond-hamer doodgeslaan terwyl sy met vasgebinde hande en voete op ’n bed gelê het.

Mev. Marthie Erasmus is presies ’n week ná haar 63ste verjaardag vermoor.

“Ek is baie hartseer,” het haar beseerde man, Chris (63), gister in sy hospitaalbed in Rustenburg gesê.

Mnr. Erasmus het beserings aan sy kop en veral linkeroog opgedoen waar die rowers hom met die vuis en ’n stuk hout geslaan het.

Hy het onlangs chemoterapie vir klierkanker gekry en sy kinders het gevrees hy sou die eerste van hul ouers wees wat wegval, het ’n geskokte mnr. Louis Erasmus (35), die egpaar se seun, gistermiddag gesê.

Nou is die Erasmus-kinders se ma wat “almal op die plaas aan die lewe gehou het” en na “swart en wit” gekyk het, meedoënloos weggeruk, het haar dogter, me. Annelise Erasmus (37), gesê.

Die Kersfees wat die familie op die plaas beplan het, sal nou nie meer plaasvind nie. “Ek kan dit nie glo nie, ons het (eergistermiddag) nog gelag en gekuier,” het me. Erasmus vertel.

Die Erasmus-egpaar het eergistermiddag laat op die stoep van hul huis op die plaas Hartbeesfontein in die Moedwil- omgewing naby Koster gesit toe mnr. Erasmus die huis in is en daar deur drie mans oorval is.

Sy vrou is op die stoep oorval.

Erasmus sr. het gister vertel die aanvallers het hom aan ’n stoel in die kombuis vasgebind en aangerand terwyl hulle die huis geplunder en “alles gevat het”.

‘Sorg vir eie veiligheid’

Dit maak nie saak of ’n driejarige of 63-jarige vermoor word nie, dit moet met dieselfde veragting bejeën word, het mnr. Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri-Noordwes, gesê in reaksie op die aanval op die Erasmus-egpaar.

“Ons is vas oortuig die onverdraagsaamheid en regverdiging wat geskep word deur organisasies soos Cosatu (in veral Noordwes) dra by tot wrede moorde soos hierdie.”

Volgens Du Toit was daar die afgelope tyd weer ’n vlaag van aanvalle op mense in Noordwes. Hy het diegene op veral plase en in afgeleë gebiede gemaan om verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid te aanvaar.

“Moenie geïsoleerd raak nie,” het hy gesê. “Raak betrokke by gemeenskapsveiligheidstrukture en behoort aan strukture wat saam met die polisie werk.”

Du Toit het gesê mense moet onder meer toesien dat hul veiligheidshekke toe is, vreemdes nie vertrou nie en honde se reaksies fyn dophou.

“Mense kan ons ook bel vir veiligheidswenke,” het Du Toit gesê.

Bel Agri-Noordwes by 0 018 ?632 3612.

Hulle het mev. Erasmus op haar maag op ’n bed in die huis laat lê, haar hande en voete vasgebind en haar vermoedelik met ’n 16 pond-hamer wat hulle in die stoor gekry het, doodgeslaan.

“Ek het haar nie hoor skreeu nie,” het Erasmus sr. gesê.

Net voordat die aanvallers gevlug het, het hulle gesê hulle gaan hom “nou ook” doodmaak.

“Ek het vir hulle gesê: ‘Nee, my vrou is nou dood, hoekom wil julle my ook doodmaak, want ek het nog kinders om na te kyk.’

“Hulle het toe net gesê ek moet ‘pasop’ en is toe weg.”

Erasmus sr. het lank gesukkel om homself los te wikkel.

“Ek het na Marthie geroep en is na die kamer. Toe sien ek haar daar op haar maag lê. Daar was baie bloed.”

Hul selfone is gesteel.

Erasmus sr. het na die plaasvoorman gery en sy seun met dié se selfoon gebel.

Die aanvallers het onder meer wapens, juweliersware, sowat R10 000, ’n mikrogolfoond, klere, Kersgeskenke en ’n Toyota-bakkie waarmee hulle van die toneel gevlug het, gesteel.

Die bakkie, wat ná die vlugtog in ’n ongeluk was en ’n wrak is, is later verlate in die Rustenburg-omgewing gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof en moord, maar teen druktyd is niemand nog gearresteer nie, het mnr. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, gesê.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.