1ste ‘Jailbreaker’ ter wêreld in SA gearresteer

2011-08-03 23:59

Die eerste mens ter wêreld wat weens die “jailbreaking” van PlayStation 3 (PS3)-konsoles in hegtenis geneem is, is eergister in Johannesburg vasgetrek.

Mnr. Jacques Allers, ’n direkteur by die Suid-Afrikaanse federasie teen kopieregdiefstal (Safact), het gister aan Beeld gesê Jailbreak is sagteware wat op konsoles gelaai word en wat die gebruikers toelaat om roofspeletjies daarop te speel.

“Dit herskryf die PS3 se interne veiligheidsprotokols. Geroofde speletjies word dan op die PS3 se hardeskyf gekopieer.”

Allers meen dit is mense wat nie vir duur, oorspronklike speletjies wil betaal nie wat Jail-break op hul konsoles laai.

Die hele proses is in stryd met die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.

“Dit is onwettig om Jailbreak-sagteware te besit of om dit te verkoop,” aldus Allers.

Volgens mnr. Jacques Botha, direkteur van finansies en spe-siale operasies by Safact, is Jailbreak ’n groot probleem oor die wêreld heen.

Inligting is gekry oor ’n man in Parktown wat Jailbreak-sagteware op konsoles laai en ook geroofde speletjies verkoop.

Safact het dit by die polisie se handelsmisdaadeenheid aangemeld wat eergister op die huis toegeslaan het.

“Hulle het beslag gelê op goedere met ’n waarde van omtrent R100 000,” het Botha gesê.

Die goedere word gebruik om Jailbreak-sagteware op konsoles te laai en om speletjies te vervals. Dit sluit gesofistikeerde rekenaars, omseilingsagtewarebondels, Jailbreak-USB-toestelle en hardeskywe in.

Die man is sover bekend die eerste persoon wat weens die besit en verkoop van Jailbreak-sagteware wat spesifiek op die PS3 gemik is, gearresteer is.

Hy verskyn vandag of môre in die Johannesburgse handelshof.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.