2 lyke in dam ná boer skiet

2012-02-21 22:46

’n Boer van Marble Hall, Limpopo, het gister twee koperkabeldiewe op sy plaas met ’n haelgeweer geskiet, waarna hulle in ’n plaasdam geval en gesterf het.

Mnr. Lucas Terblanche (40) van die plaas Toitskraal het gistermiddag gesê die twee mans wou hom met ’n slagtersmes steek.

“Hulle wou my aanval. Toe skiet ek hulle. Daar word elke dag ’n boer doodgemaak.”

Lt.kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die polisie het twee moorddossiere aangelê. Daar sal volgens hom in die nadoodse ondersoeke vasgestel word of die mans weens die skietwonde dood is en of hulle verdrink het.

Terblanche, wat met tabak, groente en suurlemoene boer, het gesê hy het al derduisende rande se skade weens kabeldiefstal gely.

Veiligheidswagte op sy plaas het die twee mans van onderskeidelik 32 en 35 jaar oud gisteroggend omstreeks 02:00 gewaar, het hy gesê. Hulle was glo besig om kabels by ’n waterpompstasie naby ’n dam uit te grawe.

Die veiligheidswagte het Terblanche gebel en gesê hulle het die twee mans gesien. Hy is met sy haelgeweer na die dam. Die mans het hom glo met die mes bestorm toe hulle hom sien.

“Hulle was sowat 5 m van my af. Ek het albei in die nek geskiet.”

Die gewonde mans het glo neergeval en van die damwal af tot in die water gerol.

Terblanche het gesê die een man het so 3 m ver geswem voordat hy onder die water verdwyn het. Sy makker het glo sowat 30 m ingeswem voordat hy begin spartel en onder die water verdwyn het.

Volgens Terblanche het hulle niks gesê nie, net “snaakse kreungeluide gemaak”. Hy het die polisie daarna van die skietery in kennis gestel.

Terblanche het gesê hy was gistermiddag by ’n dokter.

“Dit pla my. Dit is nie lekker om ­iemand te skiet nie, maar as ’n mens so lees van boere wat vermoor word... dit kon ek gewees het.”

Ramatseba het gesê polisieduikers het die twee lyke gisteroggend uit die dam gehaal.

Die mans was van die Maganagobuswa-nedersetting in Siyabuswa in Mpumalanga. By Beeld se ter perse gaan kon hul name nog nie bekend gemaak word nie omdat al hul familielede nog nie van hul dood ingelig is nie.

Terblanche is nie weens die skietery in hegtenis geneem nie.

“Die direkteur van openbare vervolging (DOV) sal moet besluit of die boer vervolg gaan word,” het Ra­ma­tse­ba gesê.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2007
R 124,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 55,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.