2 sê ja om gratis te moor

2010-07-29 22:30

Mnr. Clinton Nassif: “As ek weer die kans kon gehad het, sou ek dit nie gedoen het nie.” Foto: Brendan Croft

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy en mnr. Glenn Agliotti het besluit hulle sal die mynmagnaat mnr. Brett Kebble verniet help om sy lewe te beëindig, al het hulle vroeër ooreengekom om R2 miljoen daarvoor te vra, het mnr. Clinton Nassif gister getuig.

Hy is die staat se stergetuie as die “vermiste skakel” tussen die Mikey-bende, wat die doodskietwerk gedoen het, en die drie mans wat die moord na bewering beplan het – Kebble self, Agliotti en mnr. John Stratton, sakevennoot van Kebble.

Agliotti staan in die hooggeregshof in Johannesburg tereg op onder meer aanklag van moord op Kebble, sameswering tot moord en poging tot moord op onder andere mnr. Stephen Mildenhall, ’n ouditeur.

Die Mikey-bende is mnre. Mikey Schultz, Nigel McGurk en Faizel (Kappie) Smith. Al drie het reeds getuig.

Volgens Nassif het Agliotti aan hom gesê hulle gaan Kebble nie help as hy hulle nie betaal nie.

Hulle het hom die oggend van die eerste poging (26 September 2005) besoek om planne te bespreek en gesien hy “is ’n desperate man”. “Hy het ons gesmeek om te reël dat hy doodgeskiet word.

“Hy het gesê hy gaan óf in ’n hospitaal vir sielsiekes óf in die tronk beland.

“Ek en Glenn het besluit ons sal hom help, al het ons toe geweet daar sal nie geld wees nie.

“Brett was dankbaar.”

Nassif het ook getuig hoe hy in opdrag van Agliotti Kaapstad toe gegaan het om van Stratton ’n naam en adres te kry van iemand (Mildenhall) wat “vir so twee, drie maande uit die stelsel gehaal moet word”. “Agliotti het my R200 000 daarvoor gegee.”

Adv. Laurance Hodes SC, vir Agliotti, het in kruisverhoor van ’n kant af onder Nassif ingeklim.

Ná ’n anderhalfuur daarvan het regter Frans Kgomo die hof vroeër verdaag omdat hy “kan sien die getuie is moeg”.

Dit was net toe Nassif gesukkel het om te antwoord nadat Hodes gevra het hoekom hy in sy volledige verklaring aan die polisie alles genoem het waarby Agliotti betrokke was, maar niks van die Mildenhall-voorval gesê het nie.

In Hodes se spervuur het Nassif die woorde “ek kan nie onthou nie” byna as ’n refrein gebruik. Net so het Hodes se woorde “en hier het ons nóg ’n leuen” ook ’n refrein geword.

Hodes se eerste vraag aan Nassif was wanneer hy sy heel eerste verklaring oor die Kebble-moord afgelê het. Sy antwoord was in 2006. Hodes het daarop ’n verklaring te voorskyn gebring wat op 10 November 2005 deur Nassif afgelê is en wat ook in die staat se besit is.

Die drie staatsadvokate het dit eers ontken en later ná ’n naarstige soektog erken hulle het dit.

Die verhoor duur voort.

Sy pa het geweet
Kebble se pa, Roger, het van sy seun se selfmoordplanne geweet omdat hy (Nassif) hom vertel het, het Nassif gister getuig. Kebble sr. het in 2008 in ’n hooggeregshofaansoek mnr. Glenn Agliotti en mnr. John Stratton gedagvaar vir sowat R15 miljoen.

Hy het gesê hy wil hê die “persone wat verantwoordelik is vir sy (Brett se) moord” moet betaal sodat daar vir sy vier kinders gesorg kan word.

Die Kaapse hooggeregshof het vandeesweek Kebble sr. toestemming verleen om ’n dagvaarding aan Stratton, ’n sakeman wat hom tans in
Australië bevind, te beteken.

Omdat Stratton tans ’n buitelander is, moes Kebble sr. ook die hof vra om te bevestig dat dit jurisdiksie oor hom het. Dit is toegestaan.

Selebi
Nassif het getuig hy het in opdrag van Agliotti aan die Kebbles gesê hy werk vir mnr. Jackie Selebi, destyds polisiekommissaris.

Hulle het Kebble en sy vennoot, mnr. John Stratton, onder die indruk gebring Nassif werk vir ’n ondergrondse eenheid wat direk onder Selebi geval het.

“Ons het Brett en Stratton ook laat glo ons kan mense in hoë posisies omkoop. Hulle het ons dan die geld gegee en ons het dan gesê ons het dit gedoen, maar eintlik self die geld gehou. Dit word ‘knock-ing’ genoem. Ons het hulle baie keer ge-‘knock’.

“Ek dink hulle het ons nie altyd geglo nie en hulle wou veral graag Selebi ontmoet om te bewys ons betaal hom.”

Nassif het as ’n voorbeeld van hoe hulle die Kebbles ge-knock het, gesê hy en Agliotti het beweer hulle het die staat omgekoop om ’n aanklag van bedrog teen mnr. Roger Kebble terug te trek. Hulle het nooit iemand omgekoop nie en die geld self gehou.

Hiërargie van opdraggewers
Die hiërargie van opdragte was volgens Nassif van bo na onder:

  • Mnr. Brett Kebble;
  • Mnr. John Stratton – hy is ’n Australiër wat terug is daarheen nadat die Kebble-bom gebars het;
  • Mnr. Glenn Agliotti;
  • Hyself; en
  • Sy manne – Mikey Schultz, Nigel McGurk, Faizel Smith, Stephen Sander en die twee wat Mildenhall geskiet het.
Nassif het in die ooreenkoms wat hy met die staat beding het ook vrywaring vir al hierdie “manne” beding.

Op ’n vraag waarom hy nie ook vir Agliotti vrywaring beding het nie, het hy gesê hy het nie vir Agliotti verantwoordelik gevoel nie omdat hy nie onder hom gewerk het nie.

Diefstal in hof
Die toerusting waarmee ’n private onderneming die hofgebeure vir mnr. John Stratton opneem, is uit Hof C op die vierde vloer van die hooggeregshof in Johannesburg gesteel.

Die moordverhoor van mnr. Glenn Agliotti het gister laat begin omdat vingerafdruk-deskundiges eers die toneel moes ondersoek.

Stratton word by die Kebble-moord betrek. Hy is ’n Australiër wat ná die moord na sy vaderland teruggevlug het. Die opnames word daagliks vir hom getranskribeer en hy kan elke volgende oggend die presiese hofgebeure van die vorige dag lees.

Die toerusting en die mikrofone daarvan vir die regter en die verdedigingsadvokaat is gesteel.

Dit is sowat R20 000 werd.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.