2 vry oor polisiefout

2010-04-29 00:06

Vermoor: Mnr. Willie Pienaar

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Twee mans wat aangekeer is kort nadat hulle ’n man van Kwaggasrand in Pretoria glo doodgeskiet en beroof het, is vrygelaat omdat die polisie hulle nooit aangekla het nie.

Die polisie het ook tot gister nie die beeldmateriaal van die toneel waar mnr. Willie Pienaar (24) op 10 April vermoor is by ’n kafee-eienaar voor wie se onderneming dit gebeur het, gaan haal nie.

Daarop sien ’n mens hoe die vermeende moordenaars aangestap kom en hoe een van hulle vinnig met ’n vuurwapen om Pienaar se motor loop.

Twee kinders is ook te sien wat die moord gesien gebeur het toe hulle uit die kafee kom.

Die polisie het dié beeldmateriaal eers gister, nadat Beeld en AfriForum begin navraag doen het, gaan afhaal.

Boonop het die ondersoekbeampte spoorloos verdwyn en is die polisie op soek na hom.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê Pienaar se suster, me. Yolandie Pienaar, het hulle genader om met die ondersoek te help.

Drie mans het mnr. Pienaar op 10 April by die Kwaggasrand-winkelsentrum voor die kafee in sy voertuig aangeval kort nadat hy geld by ’n Absa-kitsbank getrek het.

Sy suster het kort ná sy moord gesê hy het pas in sy motor geklim toe een van die aanvallers hom om die nek gegryp en in die kop geskiet het.

Die aanvallers het sy lyk daarna uit sy voertuig gegooi, dit deurgesoek en sy motorsleutels, selfoon en beursie geroof voordat hulle probeer vlug het.

Gemeenskapslede het die verdagtes, onderskeidelik 27, 28 en 30 jaar oud, kort daarna aangekeer en erg aangerand.

Insp. Daniël Mavimbela, polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê die 30-jarige verdagte is dood en dat die polisie op ’n vuurwapen en patrone beslag gelê het.

Volgens ’n bron het die ondersoekbeampte in die saak egter nooit die verdagtes aangekla nie en die dag toe hulle in die hof verskyn, was ’n dossier nog nie aangelê nie.

“Die saak is toe summier uit die hof gegooi en die verdagtes het losgekom.”

Volgens die bron het die ondersoekbeampte spoorloos verdwyn.

Hy het bygevoeg een van die verdagtes is na bewering die seun van ’n beampte in die departement van korrektiewe dienste.

Kapt. Dumisani Ndlazi, polisiewoordvoerder, het bevestig die ondersoekbeampte het versuim om die verdagtes aan te kla en hulle is vrygelaat.

Hy het ook bevestig die beampte het verdwyn en die polisie is op soek na hom.

“Die polisie ondersoek intussen ’n saak van wangedrag teen die ondersoekbeampte.”

Die polisie is ook opnuut op soek na die vermeende moordenaars en hoop om hulle gou weer agter tralies te hê, het Ndlazi gesê.

Me. Pienaar het gesê haar familie is erg ontsteld oor die verwikkelings.

Volgens Kelder is dit ’n skande dat moordenaars as gevolg van die polisie se nalatigheid weer op straat is.

“Ons beskou hierdie optrede van die polisie in ’n baie ernstige lig. Ons gaan vir seker ’n klag by die onafhanklike klagtedirektoraat (OKD) indien om die saak ook van hul kant af te ondersoek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
64 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.