200 woorde in WAT al geborg

2012-02-03 21:40

Met ’n maand van die Borg ’n Woord-projek oor is 2?000 woorde reeds “gekoop”, het dr. Willem Botha, uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), oor hul geldinsameling gesê.

Enigeen kan ’n Afrikaanse woord teen R100 elk borg. Dié geld stel die WAT in staat om sy werk voort te sit.

Uit Londen het mnr. Mikael en me. Marina Grut “laatlammetjie” en “boeretroos” geborg.

Mnr. Evgeny Artemov van Moskou het sy beursie vir die woorde “sjoe!” en “aikôna!” uitgehaal.

“‘Sjoe!’ en ‘aikôna!’ is my alternatiewe gebruikersname op verskeie internetforums,” het Artemov gesê. “Hulle klink vreeslik fris en eksoties hier.”

Me. Erika Janse van Rensburg borg die woordjie “die” omdat sy meen dit word geringgeag en deur “jou” verdring.

Mnr. Izak Spangenberg het “oorstaanjaar” (“vir die lelike gap-jaar”) gekies, terwyl mnr. Robert Harm onderneem het om elke maand van 2012 ’n seiljagterm te borg. Hy het met “fokseil” begin.

Die Albatros-gholfklub in die Oos-Kaap het elke speler wat ’n Engelse term op die baan gebruik het ’n boete van R1 laat betaal. Só is R300 in ’n japtrap ingesamel om “albatros” (drie houe minder as syfer), “spogtwee” (twee houe vir enige gat) en “brouhou” (een hou meer as syfer) te borg.

Mnr. Teo Louw wil die langste woord in Afrikaans borg en die WAT het moontlikhede aan hom voorgelê, soos “soldatetentoonstellingstoegangskaartjieknipapparaatbedieningsmeganismehersteller” en “Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein”.

Talle mense en organisasies het R5?000 uitgehaal om ’n woord eksklusief te borg.

Onder hulle is die skrywer Deon Meyer, wat “spanning” gekies het, die geskiedkundige prof. Herman Giliomee met “sukkel” en die sakeman mnr. Steve Booysen, wat op “waardes” besluit het.

Nog eksklusief geborgde woorde is “bemagtiging” (die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans), “burgerregte” (AfriForum), “dagbreek” (Dagbreek Trust), “integriteit” (me. Mariette Rossouw), “Jesus” en “radio” (RadioTygerberg), “sonsaksopie” (mnr. Paul Kruger), “tameletjie” (me. Adelia Carstens) en “Voortrekkers” (die Voortrekkers).

Afri-Infra Raadgewende Ingenieurs het met R10?000 dubbel seker gemaak “Tafelberg” is slegs hulle s’n.

Deelnemers het nog tot 29 Februarie kans om ’n woord te borg en daarmee in aanmerking te kom vir ’n Absa-belegging van R25 000. Besonderhede by www.wat.co.za.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.