220 000 kykNET na e.tv se eerste Afrikaanse nuus

2010-07-22 23:57

Die eerste uitsending van eNuus, kykNET se Afrikaanse bulletin, is deur 220 000 mense gesien.

Dit blyk uit syfers in verlede week se weeklikse peiling van TV-gehore (die sogenaamde Saarf Tams) van die Suid-Afrikaanse reklamenavorsingstigting (Saarf).

Dié bulletin is Sondagaand uitgesaai. eNews, e.tv se 24 uur-nuuskanaal, vervaardig die bulletin, wat Maandae tot Sondae daagliks 19:00 uitgesaai word.

kykNET se gemiddelde kyksyfer vir Maandae tot Sondae 19:00 is sowat 150 000, het mnr. Haddad Viljoen, publisiteitsbestuurder van kykNET, gesê.

“Dit is ’n baie goeie begin,” het Viljoen bygevoeg.

Volgens hom reageer kykers “baie goed” op eNuus. “Die bulletin se gehalte gaan verbeter soos ons aangaan.”

Intussen open die eNuus-bulletin spoedig ’n kantoor in Bloemfontein, berig Daniëlla du P looy.

Andries Cornelissen, nuusredakteur van eNuus, het gister op ’n media-ontbyt in Johannesburg, waar die span bekend gestel is, gesê eNuus sal dan vier Afrikaanse nuusspanne in die land hê.

Die ander is in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad.

eNuus word weekdae 23:30 herhaal. Twee nuuslesers per uitsending bied dit aan. Freek Robinson is die hoofnuusleser.

Dié bulletin is die eerste mededinger vir die SAUK se Afrikaanse nuus sedert die openbare uitsaaier in die 1970’s met TV-uitsendings begin het.

Die SAUK se Afrikaanse nuus word ook weekdae 19:00 uitgesaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.