23 jaar vir moord op ma
2012-02-03 15:08
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
'n Man wat sy ma in 'n woedebui verwurg het en haar lyk vir twee dae in 'n slaapkamer versteek het, is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof tot 23 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Wayne Curtin (35) het sy ma, me. Beverley-Anne Curtin (58), verwurg toe sy haar vinger in sy neus gedruk het tydens 'n bakleiery. Hy het haar eers met sy hande vir sowat 15 sekondes gewurg en het later ook 'n tou gebruik.
Regter Margaret Victor het bevind dat Curtin 'n onbetroubare getuie was wat soms vir die hof gejok het. Sy het gesê dat moedermoord 'n afskuwelike misdaad is en dat die beskuldigde se straf as afskrikmiddel moet dien vir toekomstige misdadigers.
Die staatsaanklaer, adv. Thomas Dicker, het aanbeveel dat die beskuldigde 'n swaarder straf as minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar opgelê moet word en onder meer aangevoer dat die beskuldigde sy ma 'n tweede keer verwurg het met 'n tou.
Curtin het ook die honde weggejaag wat sy ma probeer bybring het en haar liggaam in 'n slaapkamer neergelê.
Victor het gesê dat hy nooit eens gaan kyk het of sy dalk net in 'n koma was nie.
Curtin se aansoek om appèl teen sy vonnis is afgekeur.