4 polisielede vry nadat ma nie ‘verkragter’ kan eien

2009-11-13 22:30

Die vrou wat glo deur ’n polisieman verkrag is. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vier polisielede is vrygelaat nadat ’n vrou nie een van hulle tydens ’n uitkenningsparade kon uitken as die een wat haar verkrag het óf die drie wat haar nie gehelp het nie.

“Hulle het nie een van die mense wat daardie aand nagskof gewerk het daar gehad nie,” het dié vrou (29), ma van ’n 18 maande oue seuntjie, gister gesê.

“Ek weet nie of hulle my probeer deurmekaar maak nie, maar dit was glad nie die mense wat daardie aand gewerk het nie.”

Mnr. Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van die Onafhanklike Klagtedirektoraat, het gesê volgens die inligting wat hy het, “kon die slagoffer nie die verdagtes eien as die mans wat by haar verkragting betrokke was nie”.

Me. Delia de Vries van die regsfirma De Meyer & De Vries in Johannesburg, wat die vrou se saak behartig, het gesê dit het haar kliënt “presies 30 sekondes geneem om te sê hy is nie daar nie.”

Alle aanklagte is teen die inspekteur, konstabel en twee studentekonstabels van die Rustenburg-polisiekantoor laat vaar.

Een van dié vier is daarvan beskuldig dat hy die ma op 29 September in ’n badkamer by dié polisiekantoor met ’n dik swart rubberpyp oor die rug geslaan en toe verkrag het.

Sy was in aanhouding op ’n klag van diefstal, wat die volgende dag teen haar teruggetrek is.

Die ander drie is daarvan beskuldig dat hulle geweet het wat aangegaan het, maar niks gedoen het om haar te help nie.

Dlamini het gesê die ondersoek sal voortgaan, maar die vier polisielede is nie meer verdagtes nie.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2006
R 67,990.00

AUDI

A4 1.8T FSi Ambition MY09 8-sp Multitronic
2011
R 275,900.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.