4 rowers afgemaai

2010-08-24 22:19

Die VW Golf waarin van die rowers gewag het. Twee is in die motor doodgeskiet en nog een gewond. Foto's: Wolfram Zwecker

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n “Oorlog” in die stil strate van Farrarmere in Benoni het gisteroggend die lewe van vier rowers geëis, terwyl drie van hul makkers gewond is.

Net een van die agt roofverdagtes het ongeskonde daarvan afgekom, maar is saam met die gewondes in hegtenis geneem.

Drie motors, twee van die rowers en een van die polisie, het ook in die slag gebly.

Wonderbaarlik is geen omstanders by die klein winkelsentrum in Bayleystraat beseer waar die skietery uitgebreek het nie.

Die bestuurder van die polisievoertuig wat die pad van die rowers se BMW versper het, is die enigste ongeval aan die wetstoepassers se kant en het sy skouer beseer toe die voertuig sy motor getref het.

“Ek het so 09:30 ’n skoot gehoor en gedink ‘hier gaan ons alweer’, want dis al die hoeveelste keer dat die winkels in dié sentrum beroof word, maar die volgende oomblik toe trek hulle los en hoor jy net skote klap,” het me. Sandy Moore, wat oorkant die Bayley Kwikspar in ’n woonstel woon, vertel.

“Ek het so vinnig deur die gordyne geloer en toe maar die kamera gaan haal. Intussen het jy net ’n helse slag gehoor toe die rowers teen die polisiemotor vasjaag. En die heeltyd die skote wat klap.”

Volgens kapt. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het hulle inligting ontvang dat die rowers gaan toeslaan en polisielede is in die omgewing ontplooi.

Die rowers het omstreeks 09:30 in drie motors – ’n silwerkleurige BMW, ’n blou VW Citi Golf en ’n grys Hyundai I10 – daar opgedaag.

Van hulle is by die Kwikspar in en het mnr. Ernesto Sousa Sardinha, eienaar, sy werkers en van die klante aangehou.

Hulle het geldkissies en selfone geroof, maar niemand is beseer nie.

Die skietery het uitgebreek toe hulle die winkel verlaat.

Twee insittendes van die Golf is in die parkeerplek voor die winkel doodgeskiet, terwyl ’n derde rower op die agtersitplek gewond is.

Die bestuurder van die BMW het die skietery op sy kollega in die Golf gesien en probeer wegjaag, maar is deur ’n ongemerkte polisiemotor afgesny.

Die geweld van die botsing het die polisiemotor op die sypaadjie geslinger, terwyl die BMW teen die randsteen in Bayleystraat tot stilstand gekom het.

Die rower in die passasiersitplek voor van die BMW is doodgeskiet, terwyl die bestuurder gewond is.

Hy is onderweg na die hospitaal aan sy wonde dood.

’n Rower wat agter gesit het, is ook gewond en in hegtenis geneem.

Twee rowers het in die Hyundai gevlug, maar is sowat 2 km verder by die Lakefield-sentrum in Hoofweg, Boksburg, deur die polisie voorgekeer en gearresteer nadat een gewond is.

Al die geld en selfone is teruggekry. Die polisie het beslag gelê op ses vuurwapens.

Die drie gewondes wat die skermutseling oorleef het, word onder polisiebewaking in ’n hospitaal behandel.

Vir Sardinho was dit sake soos gewoonlik ná die skietery.

Hy wou nie oor die voorval praat nie.

Volgens mense wat in die omgewing van die winkelsentrum woon, is dit die derde rooftog die afgelope jaar by dié sentrum.

’n Man wat bier by die drankwinkel in die sentrum gaan koop het, sê dit is gewoonlik óf die Spar óf die drankwinkel wat beroof word.

“Ek bly al 13 jaar net hier anderkant en dit is die hoeveelste keer dat die plek beroof word.

“Ek kan jou ’n waarborg gee hier is elke paar maande ’n roof,” het hy bygevoeg.


Een rower in dié BMW is doodgeskiet en nog een gewond, maar het later aan sy wonde beswyk. Nog ’n rower, wat agter gesit het, is gewond en in hegtenis geneem.


Twee rowers is in dié VW Golf doodgeskiet nadat die polisie die rowers by die Kwikspar in Farrarmere, Benoni ingewag het.



 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.