5 boewe doodgeskiet vir hul buit – ’n bed

2010-02-07 23:33

Durban. – Vyf gewapende inbrekers het die naweek hier met hul lewe geboet – oënskynlik net vir ’n bed.

Lede van die polisie se taakspan in Inanda is ontbied nadat die vyftal Vrydag omstreeks 22:30 in ’n arm deel van die Ohlange-gebied hier skote buite ’n huis afgevuur het voordat hulle ingebreek en ’n bed gesteel het.

Die aanvallers het skote met ’n haelgeweer en Uzi-masjienpistool afgevuur om waarskynlik die huisbewoners te verwilder, maar niemand was tuis nie, het sr.supt. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens die huiseienaar het die inbrekers net die bed gevat, dit agter op ’n Ford Bantam-bakkie gelaai en daarmee weggery.

Net meer as ’n halfuur later het vyf speurders van die taakspan die bakkie naby die Dube-winkelsentrum in die omgewing gewaar en dit voorgekeer.

Die speurders en inbrekers het almal tegelyk uit hul voertuie gespring, het Naicker gesê. Die misdadigers het op die polisiebeamptes geskiet en is almal in die daaropvolgende skietgeveg dood.

Die verdagtes was almal van iets in die dertig.

Volgens Naicker is die rede vir die misdadigers se optrede nie in hierdie stadium duidelik nie, maar rekords word nagegaan om te sien of hulle met enige ander misdade verbind kan word.

Die naburige township KwaMashu het die afgelope jaar die hoogste moordsyfer in die land gehad.

Die polisie het dossiere vir ’n nadoodse ondersoek, huisbraak en diefstal en poging tot moord aangelê.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.