6 Weke, 6 moorde

2010-02-12 01:26
mnr. Theunis (85) en mev. Suzie (83) Venter

mnr. Theunis (85) en mev. Suzie (83) Venter

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ses bejaardes is die afgelope ses weke in Pretoria vermoor.

Gisteroggend is die lyke van ’n bejaarde egpaar in hul huis in Mayville gevind.

Mnr. Hein Engelbrecht (33) het gisteroggend op die lyke van sy oupa en ouma, mnr. Theunis (85) en mev. Suzie (83) Venter, afgekom.

Die egpaar, wat verlede week hul 59ste huweliksherdenking gevier het, was vermoedelik al sowat 12 uur dood toe hulle gevind is.

Mnr. Venter, wat erg aangerand is, het op sy maag in die sitkamer gelê. Sy vrou, wat gesukkel het om te loop nadat sy vroeër ’n beroerte gehad het, is vermoedelik verwurg. Engelbrecht het haar lyk in die gang gekry.

Die vermoede dat sy verkrag is, sal eers by ’n lykskouing bepaal kan word.

Slegs die egpaar se ou Volkswagen Kombi (met registrasienommer KMC 163 GP), ’n Play-Station2 en ’n DVD word vermis.

Dit is nie bekend hoeveel rowers die egpaar oorval het nie.

Insp. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gister gesê Engelbrecht, ’n veiligheidswag, het omstreeks 06:15 ná sy nagskof by die huis aangekom.

Hy woon saam met sy grootouers in dié huis op die hoek van Louis Trichardtstraat en Mortimerlaan, oorkant die Laerskool Mayville.

“Toe hy by die huis kom, het die hek wawyd oopgestaan, die veiligheidshek van die stoep was oop en die Kombi het nie onder die afdak gestaan nie,” het Olivier gesê.

“Hy het sy motorfiets op die gras geparkeer en die huis binnegestorm waar hy op sy ouma en oupa se lyke afgekom het.

“Hy het hulle probeer wakker maak, maar hulle wou nie wakker word nie.”

Die egpaar se boerboel, Luna, het onder die kombuistafel gelê toe polisielede op die toneel kom. Sy is blykbaar erg geskop en geslaan en het nie beweeg nie totdat die polisie die toneel klaar ondersoek het.

Me. Yvette Engelbrecht (29) het in trane gesê haar oupa en ouma wou nooit na ’n ouetehuis gaan nie. Hulle wou nie eens by haar in Kempton Park gaan woon nie. “My oupa het altyd gesê hulle sal doodgaan as hulle in ’n ouetehuis gaan bly. Hulle het baie goeie harte gehad.”

’n Saak van huisroof en moord word ondersoek. ’n Klag van verkragting sal moontlik later bygevoeg word.

Bejaardes wat vermoor is:

  • 3 Februarie: Dr. Francois Steenkamp (71), ’n afgetrede kardioloog wat jare lank in die Medi-Clinic-harthospitaal in Arcadia gewerk het, is wreed in sy huis in die Newlands Park-aftreeoord in Pretoria vermoor. Steenkamp is glo erg aangerand, sy kop is stukkend geslaan en sy hande was agter sy rug vasgebind.
  • 25 Januarie: Me. Elsa Blignaut se lyk is twee dae ná haar 83ste verjaarsdag in haar bed in haar huis in Nieuw Muckleneuk, Pretoria gekry. Sy is vermoedelik verwurg.
  • 13 Januarie: Mev. Ria van den Bergh (65) is helder oordag in haar huis in Hermanstad, Pretoria deur rowers oorval en doodgeslaan.
  • 8 Januarie: Mev. Kitty Botha (83) is in haar huis in Lyttelton, Centurion oorval, vasgebind, gewurg en doodgeslaan voordat haar huis aan die brand gesteek is.
  • November 2009: Kol. (afgetree) Piet Swemmer (89) is in sy huis in Waterkloofrif, Pretoria met ’n hamer doodgeslaan.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Passat 1.9 TDi Comfortline Dsl MY06
2006
R 199,595.00

RENAULT

Scenic 2.0 Dynamique AT MPV
2003
R 85,995.00

ISUZU

KB300 TDi D-Cab LX Dsl MY04
2005
R 149,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.