64 000 jaar oue pylpunte in SA grot ontdek

2010-09-07 22:08

’n Span wetenskaplikes het 64 000 jaar oue klippylpunte wat glo die oudste direkte bewyse van mensgemaakte gereedskap is in ’n grot in die noorde van KwaZulu-Natal ontdek.

Die ontdekking plaas die ontwikkeling van pyl-en-boog-tegnologie onder mense sowat 20 000 jaar vroeër as wat aanvanklik gedink is, lui ’n verklaring op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se webwerf (www.uj. ac.za).

Dr. Marlize Lombard, ’n navorser van die UJ, het gesê die klippylpunte is in ou sediment-lae in die Sibudu-grot in ’n sandsteenkrans in die noorde van KwaZulu-Natal opgegrawe.

“Die pylpunte is noukeurig ondersoek en daar is tekens van bloed en been gevind, wat ons ’n aanduiding gee van hoe die pylpunte deur ons voorvaders gebruik is,” het sy gesê.

Die vorm van die geometriese pylpunte dui aan hoe dit gekap, gevorm, tydens gebruik beska-dig en aan pylskagte vasgebind is.

Tekens van ’n soort gom, wat van plantsappe gemaak kan word, is ook gevind.

Die gom is volgens Lombard waarskynlik gebruik om die pylpunte aan hout- of rietskagte te heg.

Die span, onder leiding van prof. Lyn Wadley van die Universiteit van die Witwatersrand, se bevindings is onlangs in die joernaal Antiquity gepubliseer.

Lombard het gesê die teenwoordigheid van gom dui daarop dat die oermense wat die pylpunte gemaak het, daartoe in staat was om betreklik ingewikkelde, saamgestelde gereedskap te vervaardig.

“Hulle kon dus verskillende elemente van verskillende stowwe aanmekaar heg om ’n enkele, funksionele stuk gereedskap te maak.”

Die proses behels volgens prof. Larry Barham van die Universiteit van Liverpool “veeleisende kognitiewe gedrag” – wat wetenskaplikes nie gedink het so ver terug by oermense al moontlik was nie, berig Sapa.

Lombard het gesê die ontdekking is ’n stap in die regte rigting om uit te vind hoe die mensdom begin dink het soos ons vandag dink. 


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.