77-jarige verkrag en beroof

2009-09-29 01:47

'n 77-jarige vrou is die afgelope naweek in haar huis in ’n aftreeoord in die ooste van Pretoria verkrag.

Die vrou van Garsfontein is Saterdag om 17:45 deur ’n man in haar erf oorval, langer as ’n uur aangehou en twee keer verkrag. Sy is ook telkens gewurg totdat sy byna haar bewussyn verloor het. Haar aanvaller het met R500 en ’n klein radio gevlug.

Sers. Lynnette Erasmus, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is oorval terwyl sy op haar stoep gesit en haar voëls brood gevoer het.

“Volgens die tannie het die voorval plaasgevind kort nadat sy haar motor by haar werktuigkundige gaan haal het.

“Sy is die eerste keer by die aftreeoord se hek deur die man lastig geval terwyl sy gewag het dat die hek moes oopgaan sodat sy kon inry. Die man het haar gevra vir kos en geld.

“Sy het gesê sy het nie en terwyl sy by die hek ingery het, het die man aangehou om haar lastig te val,” het Erasmus gesê.

Erasmus het gesê toe die vrou halfpad deur die hek is, het die hek toegegaan en haar motor getref. Dit het veroorsaak dat die hek ontspoor het.

“?’n Paartjie wat daar verbygeloop het, het aan die tannie gesê sy moet inry en iemand gaan kry om die hek te kom regmaak en het belowe hulle sal daar staan totdat dié persoon opdaag.

“Hulle het woord gehou.”

Erasmus het gesê die vrou is daarna in haar huis in en het haar voëls gevoer.

“Die volgende oomblik het dieselfde man voor haar gestaan en haar gegryp en in die huis ingedwing.”

Volgens Erasmus het die man die gordyne toegemaak en gevra vir “baie geld”.

“Die tannie het gesê hy kan die R500 in haar handsak in die kamer kry. Hy het haar daarna gewurg en toe in die badkamer en slaapkamer verkrag.

“Die tannie het gesê sy was deurentyd bang dat hy haar met haar eie twee skerp messe wat in die kombuis was, sou steek.”

Sy word tans in die aftreeoord se hoësorgeenheid behandel.

Erasmus het gesê dit is onbekend hoe die man by die aftreeoord ingekom het.

Mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het onlangs tydens die bekendmaking van die jongste beskikbare misdaadstatistieke gesê huisrooftogte het landwyd met 27,3% toegeneem, terwyl seksuele misdrywe met 12?% toegeneem het.

In Gauteng het seksuele misdrywe van 15 074 in die vorige verslagjaar tot 19?106 toegeneem, ’n styging van byna 27%.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het die regering se besluit bevraagteken om nie ’n onderskeid tussen seksuele misdrywe te tref nie. Hy het gesê die misdaadstatistieke toon dat die regering nie genoeg doen in die stryd teen ernstige geweldmisdaad nie.

Mthethwa het vroeër gesê die polisie moet sy maatreëls om dié misdrywe te bestry, verskerp.

- Beeld

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

Christine sê... Mooi so, raakgevat Jenny!! Bybel se nie eers Jesus weet wanneer nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.