‘Aanval was ’n aanslag in geestelike oorlog’

2010-02-11 08:31

Louis en Hettie Brittz? Foto: Theana Calitz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die rooftog by sy huis en die verkragting van sy vrou is vir die sanger Louis Brittz ’n aanslag in ’n felle geestelike oorlog.

Brittz sê hy is baie betrokke by die reëlings van die groot Draai-terug-na-God-saamtrek op 6 Maart by die Uniegebou.

Vir hom is die reëlings van groot Christelike saamtrekke niks vreemd nie, maar dié slag het hy gevoel daar is ’n geestelike weerstand soos min.

Hy wil nie in besonderhede ingaan nie, maar sê hulle het gesukkel met reëlings wat hulle verwag het vlot sou verloop. Dinge het skeefgeloop waar hulle dit nie verwag het nie.

Die saamtrek, verduidelik Brittz, is nie maar net daar om Christene aan te moedig om geestelik te leef nie.

Hulle gaan na die setel van die regering toe. Daar wil hulle aan God sê dat Suid-Afrika berou toon vir sy oortredings en terugdraai na Hom toe.

Hulle wil die sleutels van die land se regering in God se hande plaas. Uiteraard bied “die prinse van die duisternis” hierteen weerstand.

Brittz sê dat hy die komitee wat die byeenkoms reël Sondagaand by sy huis gehad het. Hulle het saam nagmaal gehou en gebid teen die geestelike weerstand wat hulle beleef.

Hy sê hulle is in ’n geestelike oorlog gewikkel. Die land staan op ’n kritieke punt.

Teen dié agtergrond is hy nie verbaas dat daar net die volgende aand so ’n aanslag teen sy gesin was nie.

“As dit die prys is wat ons moet betaal vir ’n geestelike oorwinning, betaal ons dit met ’n smile.

“Het die Here dit gedoen?” vra Brittz en antwoord self: “Nee.”

“Het die Here dit toegelaat? Ja.

“Is daar reëls van die geestelike oorlog wat ons nie verstaan nie? Ja.

“Is dit erger as wat ek ooit verwag het? Ja.”

Hy meen egter dit gebeur sodat mense kan besef wat die erns van die stryd is waarmee hulle besig is.

Oor die rooftog self sê Brittz hulle het gedink die veiligheid in die veiligheidswoonbuurt is genoeg. Die buurt se omheining is egter deur onlangse vloedwater beskadig en die skurke het waarskynlik daar ingekom.

Hy was egter oorgerus en het die Here verskoning gevra vir sy naïwiteit. Sy huis kry nou veiligheidsmaatreëls soos ’n alarmstelsel.

Toe hy die vuurwapens sien, het hy na God gedraai. Hy het hom nie verset nie, nie probeer dapper wees nie en afgekyk sodat hy die rowers nie hoef te herken nie.

Hy was baie bang en het hardop gebid dat sy gesin se lewens in God se hande is. Hardop bid is ’n manier om met die demone in die rowers te praat, sê Brittz.

Toe hulle hom dwing om sy motor by die kompleks uit te bestuur, het hy vir hulle gesê hy is ’n Christen. Hy het hulle in die naam van Jesus gevra om hom te laat gaan omdat sy gesin en werkers hom nodig het.

Hulle het hom ’n kort entjie buite die kompleks afgelaai.

Hoewel hulle dood kon gewees het, sê Brittz en sy vrou, Hettie, dat hulle nie nou in vrees lewe nie. Hulle leef in gereedheid. God hou die sleutels van hul lewens vas en Hy is nog nie klaar met hulle nie.

Hettie sê as sy later MIV+ toets, sal sy met daardie realiteit leef. Dit sal nie haar gees knak nie.

“Die dood is nie scary nie. Jesus is my lewe en ek kan Hom nie verloor nie.”
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D S Dsl PU MY09
2011
R 191,950.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,950.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.