Aardbewings kan oor water ál erger word

2010-09-02 00:06

Inwoners van die Witwatersrand mag in die toekoms dalk groter en meer aardbewings ervaar weens die styging van die ondergrondse water in die uitgemynde komme.

Dit is onseker wat regtig gaan gebeur, maar die moontlikheid bestaan dat aardbewings meer dikwels in Johannesburg gaan voorkom en dat van hulle tot 5 op die Richterskaal kan registreer, het mnr. Olaf Goldbach, geofisikus van die WNNR, gister gesê.

Hy het by die WNNR se tweejaarlikse beraad oor die relevansie van die wetenskap en die toepassing van navorsing gepraat.

Volgens Goldbach is dit noodsaaklik dat navorsing dringend oor die verband tussen die stygende watervlakke en die toename in seismiese aktiwiteit gedoen word omdat dit verreikende gevolge vir mense en infrastruktuur, soos geboue en paaie, inhou.

“Dit het weer geldelike gevolge vir versekeraars as geboue skielik inmekaartuimel.”

Hy het verwys na die aardbewing verlede Donderdagaand wat dele van die Witwatersrand geskud het en gesê hy meen dit het verband gehou met die stygende watervlakke.

Dié aardbewing het 2,8 op die Richterskaal geregistreer en huise se dakteëls laat afval.

“Ek het net ná 21:00 Donderdag in my huis in Weltevredenpark gesit en TV kyk toe die aarde begin bewe. Ek dink regtig ons gaan meer daarvan in die toekoms ervaar,” het Goldbach gesê.

Hy het eers die volgende dag uitgevind die aardbewing se episentrum was 11 km suidwes van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

Goldbach het gesê mynbouverwante aardbewings is algemeen in Suid-Afrika en tog weet inwoners nie wat om te verwag nie.

Hy meen aardbewings wat 5,3 op die Richterskaal registreer, soos die een in Welkom in 2005 waarin twee mense dood is en talle huise strukturele skade opgedoen het, is dalk die Witwatersrand se voorland.

In die omgewing van die Katzedam het aardbewings ook voorgekom kort nadat die damwal voltooi en terwyl dit met water gevul is.

Volgens Goldbach sal die regering dringend na seismiese aktiwiteit moet kyk, tesame met die vernietigende invloed wat suur mynwater vir die omgewing inhou.

Die jongste navorsing dui daarop dat die mynwater op sommige plekke tussen 400 m en 500 m van die oppervlak is en teen byna 1 m per dag styg.

Goldbach het daarop gewys dat dit na raming R1 miljard gaan kos om permanente infrastruktuur vir die uitpomp van die water op te rig, terwyl die uitpomp maandeliks sowat R8 miljoen sal kos. “Wie gaan dit betaal? Waarskynlik die belastingbetaler omdat die mynbase lankal weg is.”

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.