Afgemaai in huis by Vaalrivier

2010-09-08 21:44

Vermoor: Mnr. Naas Grobler

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Deneysville. – ’n Sakeman is gisteroggend koelbloedig in sy huis in ’n veiligheidskompleks langs die Vaalrivier deur ’n rower se koeël afgemaai.

Mnr. Naas Grobler (56) het gaan ondersoek instel toe sy hond, Jessie, ’n foksterriër, omstreeks 04:00 aanhoudend geblaf het, het sy stiefseun, mnr. Mel Shandos (44) van Kempton Park, gesê.

Sy vrou, Rika (62), het haarself met ’n selfoon in ’n badkamer in die huis Lekker Lag toegesluit toe sy die skote hoor.

Die rowers het daarna skynbaar doodluiters ’n selfoon en juwele in die huis gebuit.

Dieselfde rowers het glo net voor dié voorval by twee ander huise in die kompleks Club 40 sowat 10 km van Deneysville en die Vaaldam, ingebreek en dit besteel.

Een van die huise behoort aan Grobler se seun, Louis (30), wat ook ’n sakevennoot in hul staalonderneming is.

Dit is net drie huise van sy ouerhuis af.

“Ek en die ander inwoners was gelukkig nie tuis toe ons besteel is nie,” het Grobler jr. gister gesê.

Grobler sr. is vermoedelik by die glasdeur op die stoep oorval.

“My stiefpa is gewetenloos geskiet,” het Shandos gesê.

Drie skote is geskiet waarvan minstens een Grobler sr., wat deur sy seuns as “’n saggeaarde man sonder vyande” beskryf is, noodlottig getref het.

“Toe my ma hoor die rowers vlug, het sy die veiligheidswag by die kompleks se hek gebel en ook begin skreeu,” het Shandos gesê.

Sy is gister vir skok behandel en was te getraumatiseer om self met Beeld te praat.

Polisielede van Sasolburg en Deneysville, waaronder die K9-eenheid (die voormalige honde-eenheid), spoorsnyers en ’n polisiehelikopter het ’n soektog na die rowers begin.

“Ons is beïndruk met die polisie se reaksietyd en optrede,” het Shandos gesê.

Terwyl omliggende plase en grondpaaie gefynkam is, het Shandos voor die moordhuis vertel hoe hulle eendag almal langs die rivier gekuier het.

“My stiefpa het gesê hier word altyd lekker gelag en het toe besluit dis die plek se naam.”

Grobler jr. het gesê sy pa het alles in die lewe geniet.

“Hy was ’n grapmaker, sportman, visserman en jagter.”

Mev. Grobler is gistermiddag saam met haar suster, mev. Julie Roos, en dié se man, mnr. Fanie Roos, Alberton toe.

Mnr. Roos het voor hul vertrek gesê sy swaer was ’n geliefde man en ’n “mense-mens”.

Me. Fikiswa Matoti, Sasolburg-polisiewoordvoerder, het gister bevestig die moord word ondersoek.

“Dit is nog nie bekend hoeveel rowers by hierdie wrede moord betrokke was nie.”


Lekker Lag, die huis van mnr. Naas Grobler. Foto: Sonja van Buul


Lede van die polisie soek gisteroggend na die aanvallers wat mnr. Naas Grobler (56) van Deneysville doodgeskiet het. Foto: Sonja van Buul



Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.