AfriForum tree toe tot Huntley-saak

2009-09-06 23:26

Kaapstad. – Die uitgeweke mnr. Brandon Huntley se Kanadese vlugtelingstatus gaan internasionaal deur AfriForum ondersteun word.

Luidens ’n verklaring deur dié burgerregte-inisiatief is hy besig om met Kanadese en internasionale menseregtekenners te konsulteer oor die moontlikheid om as amicus curiae (vriend van die hof) toe te tree in die Kanadese regering se beoogde hersieningsaansoek van Huntley se verkrygde vlugtelingstatus.

Die Kanadese regering het pas sy voorneme bekend gemaak om die beslissing van die tribunaal op hersiening te neem.

Volgens mnr. Willie Spies, Afri-Forum se regsverteenwoordiger, is daar nou deur dié organisasie besluit om tot die hofsaak toe te tree.

AfriForum se besluit is geneem nadat dit bekend geword het dat me. Thandi Modise, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, op die Huntley-geval kommentaar gelewer het deur te sê dat haar ondervinding in Suid-Afrika eerder is dat rasse-aanvalle andersom – wit teenoor swart – plaasvind.

Spies het gesê AfriForum wil met sy toetrede tot die saak “verseker dat Modise en die ANC se verdraaide weergawe van die misdaadkrisis in Suid-Afrika teengewerk word”.

Ongeag of Huntley opportunisties was of nie, is dit volgens AfriForum van nasionale belang dat daaglikse konfrontasies waarmee Suid-Afrikaners te doen kry bekendgemaak word.

Volgens Spies sou Huntley nooit met sy betoog voor ’n internasionale tribunaal geslaag het as dit nie was vir gereelde berigte uit Suid-Afrika wat dui op ’n oordrewe rasse-obsessie by die regering nie.

“Dit sou bitter jammer wees as ’n hersieningshof in Kanada slegs uitgelewer is aan inligting soos dit deur die Suid-Afrikaanse regering aan die Kanadese regering gestel word,” het Spies gesê.

- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.