Afrikaans is op sy eie, sê staat

2010-02-07 23:33

Daar bestaan geen moontlikheid dat die regering Afrikaans só kan help ontwikkel dat dit soos Engels op ’n vlak kom waar dit “ten volle kan deelneem en die vrugte kan geniet” van wêreldwye ontwikkelinge nie.

Dieselfde geld trouens al die ander landstale buiten Engels.

Só sê mnr. Philemon Wakashe, direkteur-generaal van kuns en kultuur, in ’n beëdigde verklaring wat met die volle toestemming van pres. Jacob Zuma en twee ministers Vrydag by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is.

Die ministers is mnr. Jeff Radebe, minister van justisie, en me. Lulu Xingwana, minister van kuns en kultuur.

Wakashe se verklaring is ingedien in die geding waarin mnr. Cerneels Lourens, prokureur van Brits en stigterslid van die Vereniging van Regslui vir Afrikaans, ’n bevel vra dat die parlement, Zuma en die ministers gedwing word om hul grondwetlike plig na te kom deur ’n nasionale taalwet te aanvaar.

Lourens sê hy wil nie net verseker dat Afrikaans sy regmatige plek inneem nie, maar ook al die ander landstale wat tans “ondergeskik” is aan Engels.

Wakashe het in sy verklaring ’n vroeëre omstrede stelling herhaal dat dit nie die regering se skuld is dat Afrikaans homself nie kon verhef tot die hoë status wat Engels in die land het nie.

Hy, Zuma en die twee ministers sê luidens Vrydag se verklaring hulle betwis die stelling van Lourens “oor die politieke krag van die Afrikaanse gemeenskap”.

“Daar bestaan nie iets soos ’n homogene Afrikaanse gemeenskap in die land nie.”

Volgens hom het Engels homself verhef tot ’n taal wat voorop gestel word – die regering het dit nie gedoen nie.

Op byna elke terrein van die samelewing word dokumente en inligting wêreldwyd in Engels uitgereik.

Die regering beskik “doodeenvoudig nie oor die geldelike hulpbronne” om al dié dokumente in Afrikaans of enige ander landstaal te vertaal nie.

Wakashe ontken ten sterkste dat die regering ’n beleid aanvaar het waarin Engels “nou of in die toekoms” die amptelike taal in die regspleging sal wees.

“Daarom doen die regering alles in sy vermoë om sprekers van ander tale ’n billike geleentheid te gee om hul hofgedinge in die taal van hul keuse te voer. Tolke word landwyd daarvoor beskikbaar gestel.”

(Hy sê hy moes trouens self Lourens se hofstukke uit Afrikaans in Engels laat vertaal voordat hy daarop kon antwoord.)

Dit sal “absurd” wees van enigeen om te verwag dat alle landswette in Afrikaans en die ander landstale vertaal moet word “omdat wette dan eers jare ná die aanvaarding daarvan in werking sal kan tree”.

Dit sal boonop meebring dat die regering ander belangrike grondwetlike pligte soos onderwys, gesondheid en huisvesting geldelik sal moet afskeep.

Die geding word op 8 Maart aangehoor.


Volgens die Grondwet

Die geveg oor ’n nasionale taalwet handel oor art. 6(4) van die Grondwet.

Dié artikel lui: “Die nasionale regering en provinsiale regerings moet deur wetgewende en ander maatreëls hul gebruik van amptelike tale reël en monitor. Sonder afbreuk aan die bepalings van subartikel (2) moet alle amptelike tale gelykheid van aansien geniet en billik behandel word.”

Subartikel (2) bepaal: “Gesien die historiese inkorting van die gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status van dié tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.”

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Debtors Clerk

Johannesburg, South Africa
Profile Placement cc
Market Related

Life Insurance Personal Assistant

Fourways, Sandton, South Africa
Omega HR Solutions
R120000 - R156000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.