Agt oorval boer, gesin op plaas

2010-02-25 12:47

Me. Lorika Griessel, ambulans-assistent van Netcare 911, behandel mNR. KERNEELS CRONJÉ, boer van die plaas Doornlaagte buite Welkom, nadat hy op sy plaas oorval en aangerand is.Foto: Tom de Wet

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Welkom. – ’n Boer is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy, sy vrou, dogter en ’n plaaswerker deur agt gewapende mans oorval en beroof is.

Mnr. Kerneels Cronjé (83) het veelvuldige beserings aan sy gesig en kop opgedoen toe hy by ’n beeskraal op die plaas met ’n stomp voorwerp, vermoedelik ’n ysterpyp, aangerand is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê agt mans met ’n geel Isuzu-bakkie het gister omstreeks 12:00 op die plaas Doornlaagte, 5 km buite Welkom, aangekom en voorgegee hulle wil beeste koop.

Cronjé en een van die plaaswerkers, mnr. David Mei (30), is saam met die mans na die kraal langs die plaashuis. Daar is die twee oorval, aangerand en vasgemaak.

Hulle is by die beeskraal gelaat terwyl die aanvallers na die huis is waar mev. Anna Cronjé (85) en haar dogter, Petro (53), oorval, aangerand en vasgebind is.

Van die rowers is toe terug na die kraal om Cronjé te gaan haal.

Terwyl Mei alleen was, het hy hom losgewoel en na ’n buurplaas gehardloop van waar die polisie ontbied is.

Die rowers, wat met drie handwapens gewapen was, het intussen ’n sleutel van die brandkluis in die huis gekry en twee pistole en ’n bedrag geld uit die Cronjés se kluis gebuit.

Hulle het daarna in hul bakkie weggejaag.

By die polisie se aankoms kort daarna is die vasgebinde vroue in die eetkamer gekry en losgemaak.

Die erg beseerde mnr. Cronjé is in ’n ander kamer gekry.

Mev. Cronjé is vir waarneming saam met haar man per ambulans na ’n hospitaal in Welkom gebring.
 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

New Business development Sales consultant

Green Point, Cape Town, South Africa
Digicall
Market Related

SENIOR BUYER [AA/EE]

Johannesburg, South Africa
OUTGROW OUTSOURCED TECHNOLOGIES SA
R18000 - R20000

Bookkeeper Mozambique

Beira, Mozambique
Under African Skies Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.