‘Almal weet wie kwaad stook’

2009-12-18 01:34

Kaapstad. – Mnr. Julius Malema, omstrede ANC-jeugleier, is gister indirek deur die SAKP uitgewys as die bron van twis in die regerende alliansie.

“Ons weet die meerderheid van ANC-kamerade, lede van die jeugliga, ondersteuners van die regerende alliansie en Suid-Afrikaners in die algemeen weet presies wat die bron is van aanhoudende moddergooiery, karaktermoord, faksieverdeling en eng chauvinisme.”

Die party het Malema in ’n verklaring nie pertinent by die naam genoem nie, maar gesê dit is jammer “sommiges” verkies om op die “oorlogstromme” te hamer eerder as om verskoning te vra en introspeksie te doen.

Dit volg op ’n onstuimige tyd in die alliansie waartydens Malema se uitlatings politieke temperature die hoogte laat inskiet het. Hy het die SAKP boonop vandeesweek verder uitgedaag en gesê hy is gereed vir oorlog, sou dit verklaar word.

Die SAKP het gister teruggekap en gesê almal weet wie die bron van twis is.

Die SAKP gaan nie tot Malema se vlak daal nie en is tevrede dat hy genoegsame steun binne die alliansie geniet, lui die verklaring.

Mnr. Jeremy Cronin, die SAKP se adjunk-hoofsekretaris, en mnr. Zwelinzima Vavi, Cosatu se sekretaris-generaal, het gister bevestig hulle het ’n vergadering vir vroeg in die nuwe jaar met die ANC belê om die lug in die regerende alliansie te suiwer.

Hoewel albei organisasies volhou die alliansie beleef nie ’n krisis nie, het Vavi tydens dié vakverbond se laaste mediakonferensie vir die jaar by sy hoofkantoor in Johannesburg gesê die verskille tussen vennote is betreurenswaardig. Dit is egter die gevolg van persoonlikhede wat bots.

“Dit maak nie saak hoe kwaad kamerade word nie, daar moet grense wees,” het Cosatu in ’n verklaring gesê.

- Beeld

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Liquer Store Manager/ Controller

Mpumalanga
Hutech International Group

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...