Amor eis oor ‘laster’ in boek

2009-10-28 00:54

Die sangeres Amor Vittone het ’n eis ingestel oor bewerings oor haar in ’n omstrede skinderboek.

Vittone, vrou van die oud-Springbok-rugbyspeler Joost van der Westhuizen, het Yolanda Barnard, skrywer van die boek Die Ponies Galop: Seks en Skandale van die Sterre onthul, en nog drie partye vir R1 miljoen gedagvaar.

Die ander drie partye is die uitgewer Griffel Media, die koerant Sondag en die verspreider Exclusive Books.

Volgens Vittone se hofstukke is sy in die boek belaster.

Barnard het gister aan Beeld gesê sy lees deur die hofstukke en gaan die eis “natuurlik teenstaan”. Sy gaan eerskomende Sondag in haar rubriek in Sondag kommentaar daarop lewer, het sy gesê.

Ook me. Urma Mollema van die Mooikloof-landgoed in Pretoria en direkteur van Mev. Suid-Afrika (Edms.) Beperk het ’n R250 000-eis teen al dié partye, behalwe Sondag, ingestel. Haar maatskappy het ook ’n R250 000-eis ingestel.

Volgens Vittone het Sondag ’n artikel van Barnard op 24 Mei 2009 gepubliseer wat meestal aanhalings uit die boek bevat.

Vittone sê in haar hofstukke dié deel in die boek is lasterlik:

“Joost wag vir my (Barnard) op die stoep. Ek ruik sommer ook al vir Amor. As die vrou senuweeagtig raak, poep sy soos ’n perd. Ek frommel my neus. Ja, Amor is hier. Ek ruik haar.”

Vittone sê veral ’n vrou van wie dít gesê word, sal uiters beledig voel. Geen redelike mens sal so iets publiseer sonder die bedoeling om die betrokke persoon se reputasie aan te tas nie.

Vittone verwys ook na ’n deel wat volgens haar feitelik verkeerd en privaat is.

Dit lui onder meer: “Amor vat my vir ’n toer deur hulle huis... Ons sit plat op die mat. Drink wyn...Uit die bloute begin Amor praat oor hulle huwelik. Dit is seker die wyn. ’n Gladde tong. ‘Joost weet dat as hy my ooit moet verneuk sal ek hom los’.”

Barnard vra dan: “Het Joost jou al verneuk?”

Volgens Barnard antwoord Vittone: “Ek weet nie. Miskien. Ek het hom nog nooit uitgevang nie, maar ek kan sonder Joost lewe. Hy weet dit.”

“Weer sê sy: ‘I don’t need him, but I want him,’ ” het Barnard geskryf.

Mollema eis dat die verweerders in háár saak ’n verskoning in die nasionale koerante oor haar en haar maatskappy publiseer.

Sy sê Barnard het valse en lasterlike stellings oor haar gemaak wat nie in openbare belang is nie.

Mollema verwys onder meer na dié deel: “Wie is Urma? ’n Baie goeie sakevrou... Sy is nie baie mooi nie. Haar oë is piepklein. Sit ook heeltemal te naby aan mekaar. My ouma het altyd gesê: ‘As ’n mens se oë naby aan mekaar sit moet jy hom of haar nie vertrou nie.’ Ouma se kwasi-filosofie.”

Volgens Mollema impliseer dit dat sy fisiek onaantreklik, onbetroubaar en oneerlik is.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
117 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.