‘Amptenare sê dis rassisties om wit armes te help’

2010-03-29 21:45

Net 160 voedselkoepons is van 2008 aan ’n groep van 600 000 wit armes uitgedeel.

Die uitdeel van sulke koepons aan die inwoners van Bethlehem, ’n arm, informele wit nedersetting in Andeon, in die noorde van Pretoria, is gestaak ’n week nadat mnr. Jacob Zuma dit op 18 April 2008 as ANC-leier op uitnodiging van Solidariteit besoek het.

“Staatsamptenare het gesê dit is rassisties om honger wit mense te help,” skryf dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, in ’n brief aan Zuma.

Dié brief gaan môre as deel van ’n verslag oor die “gesigte van Afrikanerarmoede” aan Zuma oorhandig word tydens sy opvolgbesoek aan Bethlehem.

Luidens die verslag is die uitdeel van voedselkoepons aan arm wit mense gestaak ondanks die bevindings van ’n onafhanklike ondersoek deur die destydse Umsobomvu Youth Fund, tans die National Youth Development Agency (NYDA).

Daarvolgens is bevind die regering se definisie van voorheen benadeelde mense moet uitgebrei word om die wit jeug tussen 18 en 35 jaar met ’n inkomste van R500 tot R3 000 per maand in te sluit.

Volgens die ondersoek is die arm wit jeug beslis een van die mees gemarginaliseerde groepe in Suid-Afrika.

Langner skryf vir Zuma hy glo die president sal geskok wees om te hoor dat me. Heila Rothmann, ’n siek en sterwende kankerlyer, etlike dae lank van 06:00 tot 17:00 in ’n ry moes staan net om op 6 Maart te hoor haar vyfde aansoek vir ’n ongeskiktheidstoelae is van die hand gewys.

Rothmann het haar stryd teen kanker ’n week later verloor.

Luidens die verslag toon navorsing wat Helpende Hand gedoen het dat 63% van die inwoners in die 77 wit informele nedersettings in Pretoria 60 jaar en ouer is.

Boonop ondersoek die Centurion-raad vir bejaardes tans sowat 2 100 armoedesake terwyl sowat 1 000 gevalle van bejaardeverwaarlosing per maand by die Pretoriase Bejaardesorg aangemeld word.

Langner het gesê hul navorsing dui daarop dat daar slegs een maatskaplike werker vir elke 4 000 Suid-Afrikaners is.

Uit die NYDA se verslag blyk dit is “ongelooflik moeilik” vir wit gemeenskappe om toegang tot ongeskiktheidstoelaes te kry.

“Die meeste arm swart gemeenskappe het toegang tot satellietkantore van die departement van maatskaplike ontwikkeling wat aansoeke vir toelaes verwerk.

’n Soortgelyke diens is nie vir behoeftige wit gemeenskappe beskikbaar nie,” het Langner gesê.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
96 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.