Anika se eks-kêrel eis nou

2012-02-21 22:53

Anika Smit

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Anika Smit (17) se gewese kêrel eis R285 000 van die polisie weens onregmatige inhegtenisneming.

Mnr. Nico Venter (22) is sowat twee maande ná dié blondekop se dood in Maart 2010 weens haar moord gearresteer.

Die aanklagte teen hom is ’n paar maande later teruggetrek.

Intussen is Anika se moordenaar steeds op vrye voet byna twee jaar nadat sy in haar ouerhuis in Theresapark, noord van Pretoria, vermoor is.

Ná die moord het haar moordenaar haar hande afgekap en dit saam met hom geneem.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê hoewel verskeie mense al ondervra is, is ’n verdagte nog nie geïdentifiseer nie.

Na verneem word, is dit weens ’n gebrek aan bewyse.

Volgens Dlamini gaan die ondersoek onverpoos voort.

Venter eis in die hooggeregshof in Pretoria R85 000 weens sy onregmatige arrestasie en aanhouding, asook eerkrenking, van die minister van veiligheid en sekuriteit (nou minister van polisie) en ao. Werner van den Bergh, ’n speurder van die Pretoria-Noord-polisiekantoor.

Luidens hofstukke het Van den Bergh Venter op 18 Maart 2010 sonder ’n lasbrief by die Carousel-casino, noord van Pretoria, gearresteer. Dít was agt dae ná Anika se moord.

Venter beweer hy is ná sy arrestasie drie en ’n half uur lank by die Pretoria-Noord-polisiekantoor aangehou.

Volgens die verweerders se hofstukke is Venter nie in hegtenis geneem nie, maar het hy vrywillig saam met die polisie gegaan en is hy net ondervra.

Venter eis voorts R200 000 van die minister en ao. Annerie Robinson (volgens die hofstukke Annelie Robertson). Robinson was ’n speurder by die Akasia-polisiekantoor.

Robinson het Venter “weer ’n keer” op 17 Mei 2010 by die Carousel-casino sonder ’n lasbrief gearresteer, lui die hofstukke.

Venter beweer hy is van omstreeks 05:00 dié oggend tot 19 Mei 2010 om 16:55 aangehou.

Volgens die verweerder is Venter nie weer in hegtenis geneem nie, maar was dit die eerste arrestasie en is dit ingevolge die wet gedoen.

Daarby is hy van 07:10 op 17 Mei 2010 tot 07:45 op 19 Mei 2010 aangehou.

Die verweerder sê voorts Venter het nie betyds kennis gegee het dat hy van ’n staatsinstelling wil eis nie.

’n Verhoordatum vir die eis is nog nie bepaal nie.

- Die polisie het enigiemand met inligting rakende Anika se moord gevra om kapt. Mike Van Aardt, ondersoekbeampte, by 082 575 1808 te bel.
 

Haar moordenaar steeds nie gevang.

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.