Atleet bieg oor Joost

2009-11-04 00:21
Charmaine Weavers (Gale)

Charmaine Weavers (Gale)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Joost van der Westhuizen het sy vrou, Amor Vittone, ook met die oud-Bok-atleet Charmaine Weavers (Gale) verkul.

Dit het gister aan die lig gekom nadat Van der Westhuizen Sondag nog gesê het sy kontak met die jong vrou in die berugte seksvideo was “die eerste en enigste keer” dat hy ontrou was aan Vittone en hy ontken het dat hy ’n verhouding met Weavers gehad het.

Weavers (46) het gister gesê sy het wel ’n verhouding met Van der Westhuizen gehad.

Sy het gesê sy is bly dat Van der Westhuizen nou in die openbaar erken het hy is die man in die seksvideo.

“Dit is net jammer dat hy so selektief ’n belydenis gedoen het. Pleks het hy eerder maar oor álles gebieg.

“Dit is vandag die eerste keer dat ek in die openbaar onder my naam oor my verhouding met Joost praat. Ek meen die dinge moet uitkom sodat die boek van die verlede toegemaak kan word vir al die mense wat betrokke is,” het Weavers gesê.

Weavers het haar verbintenis met die oud-Springbok-kaptein vroeër vanjaar in ’n onderhoud met Huisgenoot onthul sonder dat haar identiteit toe bekend gemaak is.

In dié artikel het sy destyds gesê sy en Van der Westhuizen het onder meer seks gehad terwyl Vittone swanger was.

Weavers het gister gesê haar verhouding met Van der Westhuizen het begin terwyl hy en sy eerste vrou, Marlene, nog getroud was. Hy en Marlene is in 2001 geskei en hy het kort daarna met Vittone getrou.

Toe Beeld Van der Westhuizen gister genader het oor Weavers se bewering het hy gesê: “Daar was baie sondes en ek het baie verkeerde dinge gedoen. My versoek om vergifnis in my boek strek wyer as net die video, dit sluit my algemene verlede in. Van nou af wil ek net die reguit pad stap en dinge reg doen. Charmaine Gale, Mike Bolhuis (Van der Westhuizen se private ondersoeker) en enigiemand anders kan maar openbaar maak wat hulle wil.

“Ek bely my sondes, ek vra om verskoning, ek vra om vergifnis en dit is dit.”

Vittone het gister in trane in ’n onderhoud op Jacaranda 94.2 gesê haar hart is “uitgeruk”.

Sy het ook gesê sy het haar man “elke dag” gevra of dit hy in die video was. Joost het hom in ’n “web van leuens toegespin”, het sy gesê.

Weavers het Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in 1992 verteenwoordig. Sy is destyds as een van die mooiste vroue in wêreldatletiek bestempel.


- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
176 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2006
R 74,995.00

BMW

323i E90 AT
2006
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.