Baas dood dalk werker

2012-01-22 21:16

Mnr. Michael Stenger by me. René Roestorf, sy verloofde.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nelspruit. – ’n 30-jarige man is gisteroggend naby die stad doodgeskiet toe rowers hom as ’n menslike skild gebruik het.

Mnr. Michael Stenger, wat by Sound Systems gewerk het, is vermoedelik per ongeluk tydens die rooftog deur mnr. Charles Loram, sy werkgewer, raak geskiet.

Twee rowers is ook vermoedelik gewond.

Vier rowers het omstreeks 09:30 in ’n rooi BMW by die hoewe op die Barberton-pad vanwaar Sound Systems bedryf word, opgedaag.

Loram het glo deur sy kamervenster gesien hoe een van die vier insittendes ’n klapmus oor sy kop trek.

Hy is met sy .38-rewolwer in sy sak na die kantoor waar Stenger werk.

Toe hy inkom het die rowers met Stenger gestoei. Twee van hulle het Loram bestorm.

Loram het geskiet.

Die rowers het Stenger na ’n aangrensende kantoor gesleep.

Daar het hulle Stenger voor hulle gehou terwyl Loram weer skote afgevuur het.

Hy het daarna na buite gehardloop en glo nog skote deur die kantoor van die venster geskiet.

Sy patrone was toe blykbaar klaar en hy het na sy slaapkamer gehardloop om sy 9 mm-pistool te kry.

In daardie stadium het die rowers na hul motor gehardloop.

Die hoewe se elektriese hek het intussen toegegaan en die rowers kon nie die voertuig uitkry nie.

Hulle het toe weggehardloop.

Loram het glo deur die kamervenster nog op hulle geskiet. Hy het blykbaar twee raak geskiet.

Toe hy na die kantoor terugkeer het hy ’n swaar gewonde Stenger op die vloer gekry.

Stenger is blykbaar deur die hart geskiet.

Paramedici is ontbied, maar by hul aankoms was Stenger reeds dood.

Die polisie het op Loram se rewolwer en minstens agt 9 mm-patroondoppies beslag gelê.

’n Gewonde verdagte is later in hegtenis geneem toe hy by die Nelspruit-polisiekantoor opgedaag en gekla het dat sy rooi BMW gekaap is.

Nadat die polisie veiligheidskameras by Sound Systems nagegaan het, is vasgestel dat die man wat oor die BMW gekla het inderdaad een van die vermeende rowers is.

Hy het ’n skietwond in die regterboud.

’n Vrou is ook kort ná die voorval by ’n taxistaanplek in hegtenis geneem, maar later vrygelaat.

Die polisie het vasgestel een van die verdagtes het die rooi BMW vroeër die oggend by ’n vrou in Witrivier geleen.

Hy het aangevoer hy wou daarmee na ’n begrafnis gaan, het lt.kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, gesê.

Loram, wat onder meer ’n lewensafrigter en dieetkundige is, was teen druktyd steeds te geskok om ’n verklaring aan die polisie te gee.

Stenger het op 30 Desember sy 30ste verjaardag gevier.

Hy was verloof aan me. René Roestorf en die twee sou in September getrou het.

Hy laat sy ma, mev. Hannie Klokie, en susters, mee. Monika Stenger en Manuela Bergendahl, agter.

Hlathi het gesê die polisie ondersoek klagte van moord en poging tot roof.

 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bfn: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Product Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Network Engineer-Clickatell

Bellville, Cape Town, South Africa
Clickatell (Pty) Ltd
Market Related

Junior Paid Search Specialist

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.