Baba gebore wyl pa in waakeenheid lê

2012-02-24 22:05

Me. René van Niekerk sit by haar man, Corrie, terwyl hy vertel hoe dit met sy seun, Travis, gaan. Foto: Cornél van Heerden

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Terwyl ’n 21-jarige Krugersdorpse man hospitaal toe gehaas is nadat sy drankie vermoedelik gedokter is, was sy voormalige meisie besig om aan hul seuntjie geboorte te gee.

Klein Declan is Sondagoggend gebore terwyl sy pa, mnr. Travis van Niekerk, in die waakeenheid van die Arwyp- mediese sentrum in Kempton Park gelê het.

Van Niekerk het Saterdagaand saam met mnr. Jaco van Wyk, ’n vriend, ’n drankie by Presley’s in Boksburg gaan drink. Hy was blykbaar senuagtig oor sy seun se geboorte.

Sy ma, me. René van Niekerk, het hom kort voor middernag gebel om te sê hy moet huis toe kom omdat sy eks, me. Cha-Mari Canha (22), begin kraam het.

“Hy het my later gebel en gesê: ‘Mamma, ek voel verskriklik, maar ek het nie eens baie gedrink nie.’”

Van Wyk was ook baie naar, maar het nie nodig gehad om hospitaal toe te gaan nie.

“Travis het vanoggend, toe hy bygekom het, gesê hy dink Jaco het net twee slukkies van die laaste drankie gehad en hy die res.”

Me. Van Niekerk het Canha kort ná middernag hospitaal toe geneem. Sowat ’n uur en ’n half later het sy ’n oproep ontvang dat haar seun ophou asemhaal het.

Me. Van Niekerk en haar man, Corrie, het Kempton Park toe gejaag.

Van Niekerk jr. is op ’n ventilator in die waakeenheid geplaas. Dokters het barbiturate (’n verdowingsmiddel) in sy bloed gekry, maar geen ander dwelmmiddels nie. Hy het dae lank erge konvulsies gekry.

Sy dokters het eergister aan sy ouers gesê hulle wil sy verdowing oor twee dae lig en dan die ventilator ontkoppel.

Tydens sy fisioterapiesessie gisteroggend het hy die pyp egter self uitgetrek.

Die Van Niekerks het mense gewaarsku om versigtig te wees.

Van Niekerk en Van Wyk het hul drankie blykbaar op ’n tafel gelos en gesien dis geskuif toe hulle terugkom, maar niks snaaks daarvan gedink nie.

“Ons het Travis oor en oor gewaarsku, hou ’n oog op jou drankie,” het me. Van Niekerk gesê.

“Dis nie meer net meisies met wie dit gebeur nie.”

Mnr. Chris da Silva, eienaar van Presley’s, het gesê hulle duld geen dwelms in die klub nie.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.