Banke se beurse nie vir wittes

2009-12-24 03:54

Kaapstad. – Eerste Nasionale Bank (ENB) is gister van “rassisme en diskriminasie in die ergste graad” beskuldig omdat hy geldelike studiehulp aan die kinders van al sy laer besoldigde werknemers bied, maar nie as hulle wit is nie.

Die aanbod word vervat in ’n elektroniese nuusbrief wat verlede maand aan ENB-werknemers gestuur is. Die maatskappy sê daarin hy is daartoe verbind “om ’n opvoeding vir almal te verseker”, maar dat slegs “swart werknemers”, soos deur die maatskappy se bemagtigingsbeleid bepaal, om geldhulp in aanmerking kom.

Daarvolgens definieer ENB “swart” as “Afrikaan, Indiër, bruin en Chinees” en kom werknemers wat minder as R100 000 per jaar verdien, daarvoor in aanmerking.

Die vakbond Solidariteit eis dat ENB sy beleid hersien en sê die bank “gee ’n swart Kerskous aan sy wit werknemers”.

’n ENB-werknemer wat uit vrees vir viktimisasie anoniem wil bly, het by monde van haar man gesê die bank se inisiatief is onaanvaarbaar.

Volgens haar is daar talle wit vroue by ENB wat minder as R100 000 verdien, enkel­ouers is en sukkel om kop bo water te hou. “Dié mense sukkel ook om skoolgeld te betaal, maar kan nie om hulp aansoek doen nie bloot omdat hulle wit is.”

Sommige mense was baie ontsteld toe die bank die hulpskema bekend gemaak het. Volgens die ENB-werknemer gaan die plan groot onenigheid veroorsaak omdat sommige swart werknemers wel onder die R100 000-kerf val, maar hul eggenote nie. Hoewel sulke mense die geld dus nie so dringend nodig het nie, kwalifiseer hulle op grond van velkleur.

“Dit is blatante rassediskriminasie op sy ergste,” het sy deur haar man gesê.

Mnr. Dirk Hermann, adjunk- uitvoerende hoof van Solidariteit, sê dit is duidelik politieke korrektheid het ENB afgestomp vir die werklikheid waarin Suid-Afrikaners hulle bevind.

Hy meen die bank se besluit om wit werknemers van die studiehulpskema uit te sluit, is vanuit die regering se heersende rasse-ideologie en ’n bewys groot maatskappye kan nie vertrou word om die demokrasie te beskerm nie.

“ENB het die besluit geneem met die regering in die agterkop en met die gedagte transformasie beteken suiwer ‘jy moet swart word’. Groot maatskappye onderwerp hulle aan die heersende ideologie en nie aan wat reg en verkeerd is nie.

“Dit is die burgery se verantwoordelikheid om hulle tot orde te roep.”

Solidariteit, wat ’n internet-bewusmakingsveldtog van stapel gestuur het, beplan om so gou moontlik ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) in te dien. Die vakbond wag ook op ’n regsmening om te besluit of die saak by die gelykheidshof aangeroer kan word.

Hoewel hy mense nog nie gaan aanraai om van bank te verander nie, sê Hermann dít is die individu se keuse. “ ’n Mens moet gaan kyk of ’n bank jou waardestelsel deel. As hy dit nie doen nie, is dit dalk tyd om ’n ander bank te oorweeg.”

Beeld het ENB om kommentaar genader. Me. Sam Moss van die bank se houermaatskappy, FirstRand, het teen druktyd nog nie gereageer nie.


- Beeld

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.