Bees by kaal-klub

2010-09-02 00:05

Die Blou Bul Bees Roux nadat hy Maandag borgtog van R100 000 in die Pretoriase landdroshof gekry het. Foto: Alet Pretorius

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Blou Bul-stut Bees Roux het ná ’n dronk kuieraand in onder meer ’n berugte ontkleeklub in Pretoria vermoedelik in die hande van ’n afperser in die
metropolisie beland.

Roux het tot in die vroeë oggendure in die klub Flamingo in Kerkstraat gekuier voordat hy deur Tshwane-metropolisielede van die pad afgetrek is.

Ná ’n voorval waarin een van dié lede dood is, is Roux in hegtenis geneem weens moord.

Mnr. Pieter Crous, eienaar van Flamingo, het gister gesê lede van die Tshwane-metro-polisie wag sy kliënte in die oggendure in waarna hulle opgelaai word en na kitsbanke geneem word.

“Die kliënte moet dan geld trek en aan die metropolisielede gee of hulle word weens dronkbestuur gearresteer.”

Volgens Crous het ’n ontklee-danseres aan hom bevestig Roux en ’n vriend was Vrydagoggend in sy klub.

Nog iemand wat in Flamingo was, het gesê Roux en sy vriend het kort voor middernag “reeds dronk” daar aangekom. Roux het volgens dié persoon gesêhy is ’n Blou Bul.

Roux het die klub ná 01:00 verlaat. “Vermoedelik het hy toe die prooi van korrupte metropolisielede geword,” het Crous gesê.

Roux het Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van moord op sers. Ntshimane Johannes Mohale (38) en dronkbestuur.

Hy is vrygelaat op borgtog van R100 000.

Mnr. Rudi Krause, sy regsverteenwoordiger, het in die borgtogaansoek gesê Roux was ’n “slagoffer van diefstal deur ’n metropolisiebeampte”.

Die Tshwane-metropolisie het ’n interne ondersoek begin na Mohale en sy twee kollegas wat Roux dié oggend afgetrek het.

Dié ondersoek sal die vierde interne klag wees wat teen Mohale ondersoek word.

Drie interne ondersoeke waarby Mohale betrokke was, is reeds ingestel, het Beeld by vier onafhanklike betroubare bronne verneem.

Die ondersoeke behels klagte van:

  • Diefstal en wanordelike optrede in Julie 2007;
  • Pligsversuim en onprofes­sionele gedrag in November 2008; en
  • Growwe nalatigheid, die pleging van ’n daad wat skadelik vir die munisipaliteit is en pligsversuim in Desember 2008.
Nie een van dié ondersoeke of tugverhore is afgehandel nie.

Mnr. Console Tleane, woordvoerder van Tshwane se departement van gemeenskapsveiligheid, wou nie een van die klagte bevestig nie. Hy het wel gesê die metropolisie se interne ondersoek na Mohale se moord? is “standaardprosedure”.

“Ons werk saam met die polisie om die saak te verstaan.”

Hulle kyk onder meer na die proses wat gevolg is nadat Roux weens dronkbestuur van die pad afgetrek is. Roux is nie gearresteer of geboei nie.

Mohale het agter die stuurwiel van Roux se motor ingeklim en met hom rondgery.

Waar hulle oral gery het, kon teen druktyd nie bevestig word nie. Hulle het wel weg van die naaste polisiekantore, Sunny­side en Brooklyn, gery.

Me. Dikeledi Lehobye, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, het die middag ná Mohale se dood gesê die metropolisielede was op pad om Roux na sy huis toe te neem toe die voorval plaasgevind het.

Roux bly in Equestria, in die ooste van Pretoria.

Krause wou nie kommentaar lewer nie en wou nie hê dat Beeld met Roux praat nie.

As dit dronkbestuur is
Die Strafproseswet bepaal ’n wetstoepasser moet wanneer hy ’n persoon weens dronkbestuur aftrek die persoon in toom hou deur hom te boei, aan hom verduidelik waarom hy in hegtenis geneem word, sy regte aan hom voorhou en hom na die naaste polisiekantoor neem.





Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.