Bejaarde in bed in Brooklyn verwurg

2010-01-26 13:19

Twee dae nadat ’n vrou van Brooklyn in Pretoria 83 jaar oud geword het, is sy verwurg in haar bed in dié voorstad gevind.

Me. Elsa Blignaut was vermoedelik al ’n dag lank dood toe familielede en vriende gisteraand omstreeks agtuur op haar lyk in haar huis op die hoek van Lange- en Tramstraat afgekom het.

Mnr. Japie Viljoen, wat saam met Blignaut se broerskind mnr. Sakka Blignaut na die huis gejaag het, het gesê hy het in die kamerdeur gestaan, die lig aangesit en gesien wat gebeur het.

“Ek het omgedraai en gesê sy is weg,” het Viljoen gesê.

Mnr. Blignaut (63) het vertel ’n huishulp wat saam met me. Blignaut op die erf woon, het gisteraand aan die deure en vensters geklop, maar geen reaksie gekry nie. Die huis was ook donker. Die huishulp het ’n ander vrou by wie sy werk, gebel en dié het mnr. Blignaut gebel.

Mnr. Blignaut het ’n familielid wat ’n stel sleutels het, gebel om die huis te kom oopsluit.

Hulle het haar in die bed gekry waar sy met nagklere om haar nek verwurg gelê het.

Dit is nog nie duidelik of iets vermis word nie. Haar handsak het by die voetenent van die bed gelê sonder dat daar blykbaar daarmee gepeuter is.

Haar lyf was met komberse toegegooi en net haar voete het uitgesteek. Haar arms was met telefoonkabels voor haar lyf vasgemaak.

Volgens mnr. Blignaut het die familie eergister ’n ete by ’n gastehuis in die stad gehou om sy
tante se verjaardag te vier. Sy is omstreeks halfdrie by haar huis afgelaai.

Sy het eergisteraand nog vir die huishulp van haar verjaardagkos gegee, die hond gevoer en dié toegemaak.

Dit is nie duidelik wanneer sy oorval en vermoor is nie. “Ek hoop en vertrou dit was nie vir haar ’n aaklige ding nie,” het mnr. Blignaut gesê.

“Hoekom en waarom? Sy was ’n onskuldige mens wat niemand iets aangedoen het nie,” het Viljoen gesê.

Dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor, het gesê hulle ondersoek die moord. Niemand is teen druktyd nog gearresteer nie.

Blignaut was nooit getroud nie en het nie kinders gehad nie. 

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Business Analyst

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

IT Support Consultant

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CITROEN

C2 1.6i VTS 3-dr
2008
R 92,995.00

TOYOTA

Hilux 2400 LWB Dsl MY98
2004
R 95,995.00

FORD

Figo 1.4 Trend 5-dr
2012
R 124,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.