Bejaarde vrou in Benoni vermoor, man beseer

2010-02-15 11:37

Mnr. José Vieira voor die huis waar hy en mev. Jannecke op haar vermoorde ma en erg beseerde pa afgekom het.Foto: Bongiwe Gumede

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die moordenaars van ’n bejaarde vrou van Northmead, Benoni, was teen gister nog op vrye voete.

Mev. Alice Botha (75) is in die gang van haar huis dood weens ’n hou teen die kop.

Haar man, Jack, (ook 75) word in die hoësorgeenheid van die Unie-hospitaal in Alberton behandel waar sy toestand gister nog as bedenklik bestempel is.

’n Onbekende aantal mense het die egpaar Vrydagnag in hul huis in Negende Laan oorval, het konst. Ron Nchali, polisiewoordvoerder, gesê.

Die egpaar se dogter, mev. Antoinette Jannecke, het op hulle afgekom toe sy en haar vriend, mnr. José Vieira, van ’n fliek by die huis gekom het.

Vieira het gesê toe hulle omstreeks 23:00 by die huis kom, was die garagedeur oop en was daar bloed op die deur se handvatsel.

“Dit was alles vreemd. Antoinette is eerste by die huis in en het haar pa op die vloer in die kombuis gekry.”

’n Vreemde man het uit een van die vertrekke kombuis toe gekom om by die huis uit te gaan, het Vieira gesê.

“Hy het ’n baie welkome houding gehad, asof hy die volste reg het om in die huis te wees.”

’n Struweling het buite die huis tussen Vieira en die vreemdeling ontstaan, maar die vreemdeling het hom glo nie teëgesit nie.

“Antoinette het intussen histeries begin gil en ek het besef sy is alleen in die huis. Ek het toe net ingehol en hy het weggekom.”

In die gang na die slaapkamer het mev. Botha se lyk gelê.

Konst. Godin Nyathi, polisiewoordvoerder, het gesê dit is nog nie bekend wat alles gesteel is nie, maar ’n plastieksak met selfone en juwele is in die tuin opgetel.
 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

ilona.dejonge sê... 21 Mei 2012..... GOEIE MORE SUID AFRIKA!!!!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

MAZDA

Mazda3 Sport 2.0 Individual 5-dr
2005
R 149,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.