Belastingbetaler dok op vir Cele se eis teen koerant

2012-02-19 22:10

Kaapstad. – Belastingbetalers sal genl. Bheki Cele, die nasionale polisiehoof, se regskoste betaal in sy geding teen die Sowetan-koerant.

Dit kan miljoene rande wees.

Die geskorste polisiehoof eis R200 000 in ’n lastersaak teen die Sowetan en die joernalis Mhlabunzima Mamela omdat dié koerant in 2007 ’n gemanipuleerde foto van hom gepubliseer het en glo valslik berig het dat hy die woorde “shoot to kill” gebruik het.

Op dié foto staan Cele in ’n lang jas met ’n haelgeweer in sy hand en met ’n Stetson-hoed op sy kop.

Luidens die oorspronklike berig het die polisie agt verdagtes doodgeskiet tien dae nadat Cele gesê het polisielede moet vir die kop mik.

Cele het vroeër getuig dié berig laat dit lyk of hy beveel het die polisie moet dié agt verdagtes doodskiet, “wat ek nooit (gesê) het nie”.

Die KwaZulu-Natal-regering sê hulle moet die rekening betaal omdat die regering in die saak betrek word, maar Cele se hofstukke betrek egter nié die provinsie waar hy vroeër LUR van vervoer was nie.

Me. Debbie Schafer, DA-LP en -woordvoerder vir justisie, sê dit is “absoluut onaanvaarbaar” dat die belastingbetaler moet opdok.

“Daar is geen twyfel dat die provinsiale regering die regskoste dra in Cele se private hoedanigheid nie. Dit is ’n skande.”

Schafer sê dit is nog te vroeg om te bespiegel wat presies die omvang van die regskoste sal wees.

“Dit hang af van hoe lank die saak neem en wie sy regsverteenwoordigers is,” het sy gesê.

Die saak het aanvanklik gesloer, maar nou dat Cele heeltyds geskors is, is die saak weer hoog op die agenda.

Die saak hervat in Junie.

Sluit aan by Beeld se Facebook-bladsy en volg Beeld op Twitter


 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.