‘Belhar help terro’s in 80’s’

2012-02-01 22:47

Van der Merwe

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Belydenis van Belhar het in die 1980’s gehelp “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te regverdig”.

Só voer genl. Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, aan in ’n 15 bladsy lange memorandum wat hy aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se algemene sinode gestuur het.

Dit volg op die algemene sinode se besluit om Belhar deel van die NG Kerk se belydenisgrondslag te maak.

Van der Merwe voer aan dat geestelike leiers soos drr. Allan Boesak en Beyers Naudé nuttige werktuie in die ANC en SAKP se hande was.

Die ANC se stryd het eintlik om politieke mag gegaan, maar “op slinkse wyse” is apartheid voorgehou as die euwel waarteen die stryd gerig was.

Belhar was deel van die teologiese regverdiging van dié stryd. Volgens hom het Boesak met verborge agendas gewerk en kerklike vergaderings gemanipuleer om apartheid tot sonde te verklaar, waarna Belhar opgestel en aanvaar is.

Hy meen Bybeltekste in Belhar is baie selektief gekies om die ANC en SAKP se revolusionêre boodskap te steun.

Hy beskuldig Boesak en Naudé daarvan dat hulle hulp verleen het wat terroriste in staat gestel het om dood en verminking te saai.

Boesak het dít gister verwerp.

Oor die geweld van die veiligheidsmagte het Van der Merwe gesê deur propaganda is daarin geslaag om voor te gee dat die polisie gewelddadig opgetree het sonder om die gemeenskap te beskerm.

Die veiligheidsmagte se geweld is nooit met nyd, kwaadwilligheid of in eie belang gepleeg nie.

Dit geld ook die bom wat by Khotso-huis, hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, geplant is.

Oor sy aandeel in dié aanval is hy glad nie spyt nie. Baie revolusionêre bedrywighede is volgens hom onder die dekmantel van die SARK gepleeg.

Oor apartheid sê Van der Merwe afsonderlike ontwikkeling is deur die propaganda vervlak tot apartheid en toe as euwel gebrandmerk.

Hy meen aspekte van afsonderlike ontwikkeling het skeef- geloop, maar ontken dat die beleid in wese verkeerd was.

Boesak sê dat Van der Merwe apartheid steeds verdedig, “is meer ’n probleem vir homself en vir die NG Kerk as vir ons”.

Die dagbestuur van die NG Kerk se moderamen het gesê hulle wil Van der Merwe se memorandum met hom bespreek.

Hulle wys ook op die besluit dat Belhar in die belydenisgrondslag opgeneem word sonder dat alle lidmate dit hoef te onderskryf.

 

Binne Beeld

Nuutste Nuus-kommentaar

dianne.jason.3 sê... Oh gaats. Dis vandag die 22ste Mei 2012. Is jy weg of nog hier rond? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 2.5 TDi SLE D-Cab Dsl PU MY07
2011
R 289,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2006
R 399,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.