Bende skiet ouers se laaste oorblywende kind dood

2010-04-22 21:55

Past. Hennie Oosthuyse bid vir mnr. Jannie en mev. Marie Strydom. Hul enigste oorlewende kind, Paul (52), is gisteroggend in Evander voor hul oë deur rowers doodgeskiet. Foto: Arisja Jacobs

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Evander. – ’n Bejaarde ouerpaar het hul derde en laaste kind aan ’n onnatuurlike dood afgestaan toe hy langs hul dubbelbed vermoor is.

Hy was só lief vir sy ouers dat hy sy lewe gegee het om sy ma te beskerm, het past. Hennie Oosthuyse gister mnr. Jannie en mev. Marie Strydom, mnr. Paul Strydom (52) se ouers, getroos.

Hulle het gesien hoe rowers hul enigste oorlewende kind vroeër die oggend langs hul dubbelbed doodskiet.

Die egpaar se oudste kind, Chris, is in 1976 op 20-jarige ouderdom in ’n motorfietsongeluk dood en hul jongste, Johan, het vier jaar gelede, toe hy 46 was, selfmoord gepleeg.

Paulla, soos almal op die dorp die Strydoms se seun geken het, was ’n alleenloper en het saam met sy ­ouers in ’n beskeie huisie in ­Münchenstraat gewoon.

Mnr. Strydom sr. het omstreeks 02:00 gister wakker geskrik toe die lig in die hoofslaapkamer aangeskakel is.

“Vier jong gewapende mans het die kamer ingestorm. Hulle het my op my maag gedwing en het probeer om my hande agter my rug vas te bind,” het hy vertel.

’n Rower het Strydom jr. in sy kamer gaan haal en na sy ouers se slaapkamer gedwing waar hy beveel is om op die grond langs die bed, aan die kant waar sy ma nog gelê het, plat te lê.

“Hulle skree toe: ‘Where is your daughters?’?” het ’n erg geskokte mev. Strydom gister vertel.

“Toe ek vir hulle vertel dat ons net vir Paulla het, het die een my aan my enkel gegryp en my van die bed probeer aftrek. Ek was seker hy wou my verkrag.”

Strydom jr. het sy lyf opgelig om sy ma te help, maar is summier in die bors geskiet.

Volgens sy ouers het die koeël hom in die hart getref.

“Hy het net gesug en toe is hy dood,” het sy pa huilend vertel.

Die moordenaars het vermoedelik geskrik en het net mev. Stry-dom se selfoon gesteel voordat hulle gevlug het.

“Ai, ek weet nie ... ek weet net nie,” het sy gisteroggend kort-kort geprewel. “As hulle geld wou gehad het, sou ek dit vir hulle gegee het.

“Paulla was só lief vir ons. Hy het gereeld geskenkies vir my aangedra. Net nou die dag het hy hierdie lappop vir my gegee,” het sy vertel terwyl sy die sagte speelding vasgehou het.

“Hoe oorleef mens so iets? Dit is my derde en laaste kind wat nou dood is.”

Volgens ’n paar van Strydom se vriende wat gister by die huis opgedaag het, sal hulle dié ketelmaker van die Harmony-myn vir sy goedhartigheid onthou.

“Paulla was veral lief vir drie goed: sy ouers, sy kat Mei-Mei en sy Nissan-bakkie.”

Bel ao. Wayne Klasen van die Evander-speurtak met inligting by 083 701 8082.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
95 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.