Besluit buite die hof, sê vervolger

2010-08-25 22:08

Meer pleit- en vonnis­ooreenkomste moet tussen die staat en misdadigers gesluit word sodat hoftyd eerder aan ernstiger sake bestee kan word.

So het adv. Menzi Simelane, nasionale direkteur van open­bare vervolging, eergisteraand in die Nasionale Biblioteek in Pretoria gesê.

Simelane se openbare lesing was die eerste in ’n reeks wat die biblioteek jaarliks gaan aanbied oor verskeie onderwerpe as deel van ’n nasiebou-inisiatief.

Simelane het gepraat oor die transformasie van die regbank sedert 1994.

Hy het gesê daar is verskeie prosesse waarin transformasie nodig is.

Pleit- en vonnisooreenkomste spaar die howe tyd omdat ver­hore nie gehou hoef te word nie.

Net moeilike sake behoort verhoor te word en talle sake staan tou vir hoftyd.

Dit is belangrik dat regspraktisyns hul kliënte behoorlik begin adviseer hieroor, “in teenstelling daarmee om die hof se tyd te mors”, het hy gesê.

Dié ooreenkomste dui op ’n behoorlike administrasie van geregtigheid.

Simelane het gesê minstens 52% van sulke ooreenkomste word in gevalle van ekonomiese oortredings gesluit en dit bring nie tronkstraf mee nie.

In die algemeen word gesê ekonomiese misdadigers behoort nie tronk toe te gaan nie.

“Daar is meriete in dié argument.

“Die tronk is net vir die heel ernstigste misdade.”

Simelane het gesê daar is steeds voorsittende beamptes wat “probeer” om die ou Strafproseswet toe te pas en nie die nuwe een nie.

Hy het voorts gesê van nou af word afsonderlike prosedures gevolg vir kinders wat met die gereg bots.

Hulle gaan nie tronk toe nie, behalwe vir uiters ernstige misdade, maar word in programme buite die tronk geplaas.

3 300 sake teen kinders is in dié tydperk só herlei. Die regering het dus “gereageer” vir kinders.

“Dalk is dit tyd vir ’n proeftydperk-stelsel (buite die tronk) vir eerste oortreders ná minder ernstige oortredings.” 


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.