Bid werk nie, sê dominee

2011-02-28 22:20

Ds. Albert Cruywagen gesels oor sy siening van gebed. Foto: Wayne Coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gebed in die vorm van versoeke rig aan God werk nie, meen ds. Albert Cruywagen van die NG gemeente Riebeeckpark in Kempton Park.

Daarom sê hy die kerk moet nuut oor gebed dink, soos oor ander geloofsbegrippe.

As voorbeeld noem Cruywagen die gebed dat God ’n mens in jou motor op die pad moet bewaar.

Dit werk nie so nie, sê hy.

Hy ken drie gesinne wat gebid het dat God hul kinders moet bewaar en elkeen van dié gesinne het twee kinders in padongelukke verloor.

Net so maak het nie vir hom sin om vir reën te bid nie.

Hy glo nie dat God in die weerstelsels ingryp nie. Daar is groot natuurkragte wat dit beheer.

Dit beteken nie dat hy gebed wil afskaf nie. Cruywagen vul dit egter met ander inhoud.

As jy op die pad gaan, verduidelik hy, is dit jy wat moet wakker wees.

Daarom moet jy bid dat die Here jou versigtig sal maak.

“Eintlik praat ek dus met myself,” sê Cruywagen. Ten diepste is gebed vir hom ’n gesprek met homself met God as aanhoorder daarvan.

Só gesien is gebed vir hom baie sinvol. In aansluiting by die ou Oosterse kerklike tradisie van meditasie meen hy mense behoort meer tyd aan stilte saam met God te bestee.

Gebed is vir hom een van verskeie godsdienstige begrippe wat nuut vertolk moet word “op ’n manier wat werk”.

Ten diepste gaan dit oor die manier wat ’n mens God verstaan. Hy het afgesien van die tradisionele teïstiese siening van God wat baie kerkmense nog huldig en noem sy benadering ’n nieu-teïstiese siening.

Cruywagen dink egter nie dat hy daarmee die kerk ondermyn nie, inteendeel. Waar ander mense sy soort sienings as die Trojaanse perd binne die NG Kerk sien, dink hy daaraan as die ridder op die wit perd wat tot die kerk se redding kom.

Hy ken byvoorbeeld jong mense wat niks meer van die kerk wil weet nie, maar op ’n manier nog aan God wil vashou. Hulle vind aanklank by sy manier van dink.

Self sê hy ook hy staan by die Bybel as die Woord van God en die belydenisskrifte.

Ja, hy kry soms baie lelike teenkanting van Christene, maar sy gemeente verstaan hom. Hulle voel rustig oor sy manier van dink en preek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
997 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.