Blonde meisie brand by pad

2009-11-17 22:38

Die lyk van ’n “netjiese, goedversorgde” jong meisie met lang, blonde hare is oop en bloot langs ’n teerpad aan die Vaal-Rand aan die brand gesteek.

’n Gru-toneel het ’n verbyganger begroet toe hy eergisteroggend op die brandende jong vrou langs die Welgevonden-pad afgekom het.

Sy was vermoedelik tussen 16 en 20 jaar oud.

Die man het die polisie gebel, die brand geblus en by die lyk gewag totdat die polisie omstreeks 04:30 op die toneel tussen Orange Farm en Poortjie aangekom het.

Die meisie het ongeveer ’n meter van die teerpad op haar rug in die langerige gras tussen vullis gelê.

Remmerke van ’n voertuig was duidelik op die teer sigbaar langs die plek waar sy gevind is. Niks is gedoen om die lyk weg te steek nie.

“Rook het vroegoggend in die omgewing gehang en die verbyganger het gaan kyk wat brand, toe kom hy op die brandende lyk af,” het kapt. Johannes Motsiri, polisiewoordvoerder, gister gesê.

“Iets is oor die meisie se gesig gegooi en sy is aan die brand gesteek nadat ’n onbekende vloeistof ook oor haar lyf uitgegooi is. Veral haar gesig is onherkenbaar verbrand.”

Volgens Motsiri het die meisie geen identifikasie aan haar gehad nie.

“Dis moeilik om haar ouderdom te skat, want sy is erg verbrand, maar sy is jonk,” het Motsiri gesê.

Een van haar hande is nie verbrand nie. Haar vinger- en toonnaels het rooi naellak op en daar is pienk sonstrepies in haar hare.

“Sy het ’n bra, broekie en ’n T-hemp aangehad,” het Motsiri gesê.

Dit is glo ’n veelkleurige T-hemp met dwarslopende strepe.

Volgens Motsiri ondersoek die polisie die moontlikheid dat die meisie eers elders vermoor, later langs die grondpad neergegooi en toe aan die brand gesteek is.

Beeld het uit ’n betroubare bron verneem dit het tydens die lykskouing aan die lig gekom die meisie het dalk nog geleef toe sy aan die brand gesteek is.

Dit is nie bekend of sy seksueel aangerand is nie.

“Sy lyk soos ’n netjiese, goedversorgde kind en ek kan nie glo dat niemand na haar soek nie,” het iemand na aan die moordondersoek gesê.

“Ons het dadelik met die moord­ondersoek begin en soek die slagoffer se naasbestaandes,” het Motsiri gesê.

Die polisie vra enigiemand met inligting oor die moord of die meisie se identiteit om insp. Chris Olifant, ondersoekbeampte, by 083 692 7786 te bel. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant - EE

Gauteng
Hire Resolve
R400,000-450,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Financial Accountant

Gauteng
Hire Resolve
R500,000-550,000 Per Annum Cost To Company Negotiable

Manager Maintenance I

Western Cape
Hutech International Group

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...