Ingewag en vermoor
2010-08-03 10:53
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Beeld op
'n 46-jarige man is klaarblyklik in 'n hinderlaag ingelei en vermoor terwyl hy van sy plaas in Lephalale onderweg werk toe was, het Limpopo-polisie Dinsdagoggend gesê.
Mnr. Koos Daffeu was omstreeks 5:45 van sy plaas, Farm Lith, onderweg werk toe by die Medupi-kragstasie waars hy as kontrakteur werk, toe hy by 'n laagwaterbrug oor die Mogolrivier ingewag is. Verskeie skote is op hom geskiet, het luit.-kol Ronel Otto gesê.
"Hy het aanhou ry, maar sy voertuig het by 'n T-aansluiting sowat 600 m verder omgeslaan."
Dit lyk of hy toe wéér sowat vyf keer geskiet is.
Daffeu is dood op die toneel aangetref met borswonde.
Aanduidings is dat meer as een booswig by die aanval betrokke is en dit lyk of hulle per motor van die toneel gevlug het.
Dit is nog nie duidelik wat die motief vir die moord is nie.