Boer kry borg na voorval op plaas met 4

2009-09-10 07:19


’n Boer van die De Wildt-omgewing het gister in die landdroshof op Brits verskyn op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.

Die aanklagte kom ná ’n voorval eergister op sy plaas waarby minstens twee Zimbabwiese burgers betrokke was.

Mnr. Gerhard Short (42) het borgtog van R3?000 gekry. Hy is eergisternag in die Mmakau-polisieselle aangehou.
Short het eergisteroggend glo vier onbekende mans op ’n serwituutpad op sy grond gekonfronteer. Hy én die mans is in die proses glo deur een van sy honde gebyt. Hy het glo ook waarskuwingskote geskiet toe een van die mans opgespring en weggehardloop het, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

’n Plaaslike veiligheidsmaatskappy het die ander drie mans glo opgelaai en na die polisie geneem nadat niemand glo die telefoon by die polisiekantoor geantwoord het nie.

Volgens Myburgh het Short ’n klag van intimidasie teen die mans ingedien omdat hulle hom glo met die dood gedreig het. Hulle het op hul beurt klagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, die aanhitsing van ’n gevaarlike hond en die rig van ’n vuurwapen teen hom ingedien.

Beeld het verneem “meer as 20 polisielede” het in sowat sewe voertuie by Short se huis opgedaag om hom te arresteer.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het gesê hy gaan ’n klag by die Onafhanklike Klagtedirektoraat indien oor die omstandighede waarin Short later aangehou is.

Short het glo geen mediese behandeling ontvang weens ’n bytplek aan sy een kuit nie. Dít terwyl die drie mans glo in ’n hospitaal behandel is weens bytplekke.

Volgens Kelder het Short net twee komberse gekry om mee te slaap, terwyl sy selmaats na bewering elkeen ’n matras ook gekry het. Die polisie het glo nie een keer in die nag selbesoek gedoen nie.

Chris Louw, bekende vryskutjoernalis wat in die Silkaatsnek-omgewing naby De Wildt woon, het gesê grondeienaars het breekpunt bereik oor die “ongekende misdaad” die afgelope drie maande. Daar is sedert 27 Julie al vyf keer by hom ingebreek. Een van sy honde is eergister vergiftig.

Mnr. Kobus Oosthuyzen, voorsitter van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, ’n nie-winsgewende organisasie wat gestig is om misdaad te help bekamp, het gesê daar was die laaste tyd helder oordag sewe plaasaanvalle

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bloem: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Touran 1.9 TDi Trendline MPV Dsl
2006
R 185,500.00

JEEP

Cherokee Country 4.0i 4x4 AT
1999
R 49,990.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.