Boer met bakkie gesleep

2010-05-16 23:11

Mnr. Johan Strydom

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Gaste wat Saterdag vir ’n vleisbraaiery op ’n plaas in die Buffelshoek-omgewing buite Parys aangekom het, het op die gasheer se lyk met ’n ketting om sy enkels afgekom.

Die moordenaar het mnr. Johan Strydom (40) vermoedelik Saterdag omstreeks 13:00 met ’n ysterstaaf by sy werfhek oorval, het lt.kol. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder in Noordwes, ­gesê.

Daarna is hy met met ’n tou agter sy Mazda Drifter-bakkie tot in die pakkamer gesleep.

Volgens Metsi het die moordenaar die deur van die pakkamer daarna toegemaak en met die bakkie en Strydom se selfoon en beursie gevlug.

Die bakkie is later Saterdag verlate in Potchefstroom gevind en ’n 21-jarige man is in hegtenis geneem. Hy het die polisie na nog twee mans gelei, maar hulle word nie in dié stadium met die moord verbind nie. Dié twee mans is egter gisteroggend in hegtenis geneem nadat die polisie van Strydom se gesteelde eiendom in hul besit gevind het.

Mnr. Ernst Meiring, wat saam met Strydom in die Duet-gemeente in Potchefstroom was, het gesê hy en ’n ander vriend het op die lyk afgekom toe hulle vir die braaiery opgedaag het.

“Ons het hom gesoek, want hy was nie daar nie en hy het vir ons reggemaak. Ons het hom in die pakkamer gevind.”

Mnr. Jurie Schoeman, ’n goeie vriend van Strydom en een van die eerste mense op die toneel, het gesê daar was ’n ketting om Strydom se enkels gebind.

“Johan se hande was baie gekneus. Ons reken hy het terugbaklei. Hy was so ’n goeie mens. Ons verstaan nie waarom dit gebeur het nie.”

Volgens Schoeman sou Stry­dom later vandeesmaand in die hof getuig nadat hy onlangs ’n inbreker in sy tannie, me. Martie Strydom, se huis op die buurplaas betrap het. Dié man is op borgtog vrygelaat.

Schoeman het gesê Strydom het ’n week gelede vertel hy ontvang oproepe en wanneer hy antwoord, word die foon in sy oor neergesit.

“Daar is so twee maande gelede by Johan se huis ingebreek en hy het toe ook ’n saak van diefstal aanhangig gemaak.”

Meiring het gesê Strydom “sou nie eens ’n vlieg doodmaak nie”.

Volgens Schoeman, ook ’n boer in die omgewing, het Strydom ander altyd voor homself gestel.

“Hy het sy werkers goed behandel en altyd vrede probeer maak. Dit is vir ons ’n baie groot verlies.”

Schoeman het vertel Strydom het verlede naweek ­iemand by ’n kamp vir enkellopendes ontmoet. “Hy het net vir ons vertel hoe hy dit geniet het. Hy het beplan om haar gister in Heidelberg te ontmoet.”

Die polisie het die 21-jarige verdagte op ’n naburige plaas in hegtenis geneem, het Metsi gesê.

Die man het toe self sy bebloede klere aan die polisie gaan uitwys waar hy dit in ’n puttoilet gegooi het.

Metsi kon nie sê of dié man die inbreker is wat Strydom vroeër betrap het nie.

Die drie mans sal na verwagting vandag in die Potchefstroomse landdroshof verskyn.

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.