Boer met kopskoot vermoor

2010-03-14 22:31

Die gat in mnr. Danie Nortjé se slaapkamervenster.Foto: Linda de Beer

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Boer is die naweek koelbloedig doodgeskiet en ’n ander is deur ’n toe venster gewond in twee plaasaanvalle die naweek in Limpopo en Noordwes.

Mnr. Frik van Deventer (64) is eergisteraand op sy plaas, Langwater, naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor.

Volgens supt. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was Van Deventer omstreeks 19:00 in sy tuin toe sy vrou (64), wie se naam nie aan Beeld bekend is nie, blykbaar stemme buite gehoor het.

“Die vrou, wat in haar kombuis besig was, het ’n skoot gehoor voordat twee gewapende rowers die plaashuis ingestorm en haar oorweldig het. Sy is vasgebind en aangerand.”

Mev. Van Deventer het na verneem word ligte beserings opgedoen en is erg geskok.

Volgens Otto het die rowers die Van Deventers se vuurwapenkluis op die egpaar se bakkie gelaai en daarmee gevlug.

“Die rowers het in die rigting van Vaalwater gery toe die bakkie gerol en hulle vermoedelik te voet verder gevlug het,’ het Otto gesê. Die polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik jagwapens in op die ongeluktoneel gevind.

Niemand is gearresteer nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog op tou gesit. “?’n Polisiespan, waaronder spoorsnyers, is saamgestel om die egpaar se aanvallers in die afgeleë Bosveldgebied vas te trek.”

In die ander aanval is ’n slapende mnr. Danie Nortjé (58) eergisternag op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die rug geskiet.

Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal. Die donshael het hom hoofsaaklik regs agter in die boud en rug getref, het sy pa, Pieter (85), gister gesê.

Nortjé sr. het op sy bloeiende seun in die bed afgekom nadat hy ’n enkele skoot gehoor het.

“Hy was baie swak, want hy het baie bloed verloor,” het Nortjé sr. gister gesê.

Nortjé jr., ’n wewenaar, het dit reggekry om op te staan en in ’n ander vertrek op hulp te gaan wag uit vrees dat nog skote deur die venster sou kom.

Sy pa het gesê hulle het niemand op die werf gesien nie. “Dit het nie lank gevat vir die polisie en die ambulans om te kom nie. Ek het nou-nou met my seun gepraat en hy sê hy’s orraait.”

Me. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 wie se paramedici Nortjé jr. op die toneel behandel het, het gesê sy toestand is aanvanklik as kritiek beskou, maar hy was teen gisteroggend bestendig.

Volgens haar het hy “veelvuldige wonde” regs agter op sy rug gehad.

Insp. Wilmarie van der Merwe van die polisie in Noordwes het gesê dit is nie seker of daar meer as een aanvaller was nie. Die motief is onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel nie.

Die Limpopo-moord kom ’n dag nadat mnr. Jan Wheeler (65) in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10?km buite Marble Hall vermoor is waar hy as bestuurder gewerk het. Hy is gesteek en verskeie kere geskiet.

Van Deventer is die sesde plaasmoordslagoffer in Limpopo sedert die begin van Februarie.
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R10000 - R25000

Assistant Manager Customers Sigmintation

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Internal Recruitment Consultant

Sandton, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.