Boer sterf langs sy vrou in bed ná 2 skote

2010-02-05 21:51

Mnr. Koos van Staden (69) en sy vrou, Henriette (66). Mnr. Van Staden is eergisteraand koelbloedig op sy plaas in die Hoedspruit-distrik in Limpopo doodgeskiet.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marietie Louw-Carstens

Hoedspruit - 'n Boer van Hoedspruit in Limpopo is deur sy kamervenster koelbloedig in die nek geskiet terwyl hy in die bed gelê en TV kyk het.

Mnr. Koos van Staden (69) het hom langs sy vrou, Henriette (66), doodgebloei. Hy sou in April 70 geword het.

Die onbekende aantal aanvallers het niks gesteel nie.

Mev. Van Staden het met haar pistool op die aanvallers teruggeskiet, maar hulle het weggekom.

“Ek het aan hulle gesê: ‘Wat wil julle nog hê??.?.?.?hy is nou besig om dood te gaan’,” het ’n steeds geskokte mev. Van Staden gister aan Beeld gesê.

Die aanvallers het eergisteraand by die egpaar se huis op die Glencoe Sugar Estates buite Hoedspruit ingebreek. Hulle het by ’n kombuisvenster ingekom.

Mnr. Braam van der Merwe, voorsitter van Agri SA in die Hoedspruit-distrik, het gesê die aanvallers het hulle in ’n veiligheidshek voor die hoofslaapkamer vasgeloop. Hulle het om die huis gestap en die hoofslaapkamervenster met ’n graaf stukkend geslaan.

Mev. Van Staden het gesê sy en haar man was ná 21:00 in hul kamer. Hulle het TV gekyk voordat hulle sou slaap. Mev. Van Staden het gesê haar man was effens hardhorend en die TV se klank was baie hard. Hulle het nie gehoor toe die aanvallers by die kombuis inbreek nie.

“Ons het skielik net die hande gesien wat by die gordyne verbysteek. En toe die pistool en toe die een se gesig met ’n klapmus op.”

Die aanvallers het twee skote geskiet. Mnr. Van Staden is in die nek getref.

“My pistool was by my en ek het teruggeskiet op hulle, maar dit was te laat. My man het iets aan my gesê, maar ek kan nie onthou wat nie.”

Mev. Van Staden het gesê die aanvallers het nie eens haar handsak met haar beursie in wat in die kombuis was, gevat nie.

Mev. Wendy van Staden, die egpaar se skoondogter, het gesê hulle het “nooit, nooit gedink so iets sal gebeur nie”.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê spoorsnyers en polisiehonde het gister na die aanvallers gesoek.

Teen druktyd is niemand nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

–Beeld
 

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.