Boer, vrou geskiet ná vleishaak-houe

2010-01-08 00:38

’n Vrystaatse boer en sy vrou is Dinsdagaand met hul eie haelgeweer doodgeskiet nadat hulle wreed met ’n vleishaak aangeval is.

’n 27-jarige voormalige plaaswerker van mnr. Koos van Zyl (63) en sy vrou, Retha (66), is eergister weens die moorde in hegtenis geneem. Die egpaar se plaas is tussen Senekal en Steynsrus.

Die plaaswerker, wat glo die vorige dag afgedank is, is naby Odendaalsrus in die rooi Chevrolet Aveo-sedan van die egpaar se dogter, Marietjie, aangekeer.

Die egpaar het hom glo nog R250 geskuld.

Sers. Majang Mosupa, polisiewoordvoerder, sê mev. Van Zyl het die aand van die moord vermoedelik die huis verlaat nadat hul kragopwekker afgegaan het.

Hul plaas, Poortjie, het nie Eskom-elektrisiteit nie.

Haar aanvaller, wat vermoedelik die kragopwekker afgesit het, het Van Zyl kort daarna buite die kombuis ingewag.

Hy het haar oorval en wreed met ’n vleishaak, hoofsaaklik oor die bors, asook een keer in die nek gekap.

Mnr. Van Zyl, wat sieklik was, is daarna in die kombuis oorval en twee keer met die vleishaak in sy nek en op sy kop gekap.

Hartseer gemeenskapslede sê hy was swak en sou hom nie kon teësit nie.

Die aanvaller het mev. Van Zyl se hande met baaltou vasgebind en haar deur die kombuis tot in die huis se gang gesleep.

Hy het die egpaar se haelgeweer langs hul nog opgemaakte bed in hul slaapkamer gevind. Hy het elkeen van naby met een skoot in die bors doodgeskiet.

Die verdagte het daarna met hul dogter se voertuig en hul twee selfone gevlug.

Hy het ook glo een van die egpaar se skape in die motor gelaai en iemand ’n rygeleentheid gegee.

Reserviskonstt. Thapelo Mponeng en Moeti Mokoatsi van Odendaalsrus se eenheid vir sigbare polisiëring het die voertuig waarna die polisie gesoek het eergistermiddag gesien.

Hulle het hul kollegas om bystand gekontak en die verdagte vasgetrek.

Mnr. Jan de Villiers, veiligheidsbeampte van die Emdo-nio-boerevereniging, het ’n beroep op boere gedoen om aktief deel van hul gebied se veiligheidstelsel te word.

Hy sê dit was die tweede plaasaanval in die distrik in twee weke.

Mnr. Frik Ras, ook ’n boer, is die dag ná Kersfees in ’n aanval op sy plaas beseer.

“Dit is ’n neiging wat sedert 1994 aanhou. Die ouens wat oorbly, gaan moet leer om na hulself te kyk,” sê De Villiers.

Die egpaar word deur hul drie kinders, Erik, Estie en Marietjie, oorleef. Hulle het nie kleinkinders nie.

- Beeld

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8T FSi Attraction MY09
2008
R 209,900.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

TOYOTA

Fortuner 4.0 4x4 AT
2008
R 329,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.