‘Boere maak SA soos Haïti’

2010-01-29 00:44

Kaapstad. – Baie van die mense wat hulle nou in plakkerskampe bevind, is daar omdat “baie boere miljoene swart mense” van hul plase afgejaag het.

So het mnr. Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, gister aan die parlementêre komitee oor dié portefeulje gesê.

Hy het gesê Suid-Afrika beleef elke dag die menslike ramp wat die aardbewinggeteisterde Haïti deurmaak, en dan het die “aarde nog nie eens hier geskud nie”.

“Ons (in Suid-Afrika) hanteer daagliks ’n mensgemaakte ramp,” het Sexwale gesê met verwysing na die meer as 2 600 informele nedersettings wat regoor die land opgeskiet het (teenoor 300 in 1994).

“Dit is elke dag Haïti hier. Die aarde het daar geskud. Hier het die aarde nie geskeur nie, maar die gevolge is dieselfde. Ons mense is vlugtelinge in hul eie land. Dit ís ’n ramp.”

Sexwale het beklemtoon dat die regering nie hiervoor geblameer kan word nie. “Daar is stoot- en trek-faktore, goed soos werkloosheid, skole, familie en dienslewering wat meebring dat mense eerder in die stede naby geleenthede wil bly as in die landelike gebiede. Hulle wil wegkom van hul omstandighede.”

Sexwale, wat ’n wynplaas in Franschhoek het, het ook ’n klap na boere gemik. “Toe die regering aangedui het dat hy sekerheid van verblyfreg aan plaaswerkers wou gee, toe verjaag baie boere miljoene swart mense van hul grond af. Dié is daardie mense. Waar moes hulle gaan woon?”

Hy het ook nie gehuiwer om die groot mynmagnate ’n dwarsklap te gee oor die instelling van uitsluitlik manlike hostels nie. “Apartheid het nooit gesê hulle moet dié strukture oprig nie,” het Sexwale, wat ook die stigter was van die Mvelaphanda-groep wat mynbelange het, gesê.

Hy het onlangs op besoek aan ’n town ship op ’n groep kinders afgekom wat tussen die rommel kondome soos ballonne opgeblaas het. “Daar is elke denkbare siekte.”

Sexwale het gesê op die laaste kabinetslekgotla het die nuwe administrasie besluit om al die burokrasie uit die weg te ruim sodat ministers moet saamwerk.

“Grond is oor die verskillende departemente versprei. Die kabinet wil nou ’n oorkoepelende benadering volg sodat ek nie van deur tot deur moet gaan aanklop vir grond nie,” het hy gesê.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
361 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Scattered clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bfn: 3-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 15-25°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2008
R 99,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2006
R 104,990.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 207,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.