Boere sonder roere kan nie, sê TLU SA

2010-02-08 00:39

’n Vuurwapen is vir ’n plaasboer soos ’n stuk gereedskap waarsonder jy nie kan boer nie.

Só het mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, eergister tydens ’n gedenkdiens vir slagoffers van plaasaanvalle by Fort Schanskop in Pretoria gesê.

Sowat 50 mense het dié geleentheid bygewoon.

In ’n brief gerig aan pres. Jacob Zuma het TLU SA gesê die ideaal van ’n vuurwapenvrye land is in kontras met die fisieke en sielkundige risiko’s wat deel van die daaglikse lewe in Suid-Afrika geword het.

“As politici en senior beamptes die polisie opdrag gee om vuurwapens te gebruik om misdaad te bekamp of te voorkom dat hulle slagoffers van misdaad word, moet dieselfde beginsel geld vir wetsgehoorsame burgers wat nie die luuksheid het om deur polisielede beskerm te word nie,” lui die brief.

“Hulle (die wetsgehoorsame burgers) het geen keuse nie as om verantwoordelikheid te neem vir die beskerming van hul lewens en eiendom en daarmee saam die polisie te help sonder enige erkenning of beloning.”

Luidens die brief is die feit dat die hoë vlakke van wraaksug “sonder enige vooraf waarskuwing” op slagoffers gerig is, kommerwekkend.

Mnr. Henk van de Graaf, TLU SA se assistent-hoofbestuurder van kommunikasie, het tydens dieselfde geleentheid ’n oproep op boere gedoen om na hulself te kyk.

“Sorg dat ’n wapen gelisensieer is, dat u hom by u het en dat hy gelaai is,” het Van de Graaf gesê.

“Moenie u wapen in dié tyd ingee nie.

“Doen wat u binne die wet moet doen sodat ons nie die (misdaad)statistieke opjaag nie.”

TLU SA het ’n beroep op Zuma gedoen om die verhouding tussen die polisie in landelike gebiede en die boere te ondersoek.

Volgens TLU SA bestee die meeste polisie in landelike gebiede meer tyd en energie om plaasbuurtwagte te monitor as om die misdadigers wat die probleme veroorsaak, te vang.

TLU SA Jongboere het in ’n veiligheidsverklaring van die regering en die polisie geëis “om ernstig te besin oor hul grondwetlike verantwoordelikhede en die herhaalde beloftes om lewe en eiendom te beskerm”. 

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Designer

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

Sub-editor: Visi

Western Cape - Cape Town
New Media Publishing (PTY) Ltd

IT Risk consultant

Gauteng - Johannesburg
Network Finance Menlyn
R300,000-400,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

ELANDSKRAAL

House R 5 500 000

PARK WEST

House R 10 500 000

PARADISE BEACH

House R 13 666 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...