Bok-krisis; Div bly

2010-09-05 22:20

Peter de Villiers, die beleërde Springbokafrigter, en John Smit, die Bokke se kaptein, ná die Springbokke se nederlaag eergisteraand in Bloemfontein. Foto: Themba Hadebe, AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad. – Springbokrugby is ’n jaar voor die Wêreldbekertoernooi in ’n krisis, maar Peter de Villiers, die Bok-afrigter, se kop gaan straks nie rol nie.

Terwyl baie Springbok-ondersteuners ná die Springbokke se vyfde nederlaag in ses wedstryde De Villiers se kop eis, was die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gister berekend in sy reaksie.

Die Wallabies het die Springbokke in ’n Driesnasieswedstryd in Bloemfontein met 41-39 geklop nadat die besoekers in ’n stadium met 31-6 voor was.

Dit is die Australiërs se eerste oorwinning oor die Springbokke in 77 jaar in Bloemfontein.

Ondanks die publiek se misnoeë oor die Bokke, sê Saru bloot daar sal ’n “standaard- prestasie-oorsig” wees waarin die Springbokke se flou vertonings vanjaar onder die loep geneem word.

“Alle rugbyliefhebbers sal baie teleurgesteld wees met die uitslae in vanjaar se Drienasiesreeks en dieselfde geld natuurlik die Springbokspan en sy bestuur,” het mnr. Oregan Hoskins, Saru se president, gesê.

“Ons beskou die situasie in ’n baie ernstige lig, maar daar is ’n proses wat gevolg moet word en ons gaan dit deurvoer.”

Die Bokke moet oor ’n jaar hul wêreldtitel in Nieu-Seeland verdedig.

Emosies het eergister in Bloemfontein hoog geloop, met die Bok-afrigtingspan van De Villiers, Dick Muir en Gary Gold wat deur die skare uitgejou is.

Bryan Habana, wat in 2007 nog die Internasionale Rugbyraad se speler van die jaar was, is uitgejou vir sy blapse en het soms sarkastiese applous ontvang wanneer hy nie droogmaak nie.

Saru het in ’n verklaring gesê hy sal ook “formele gesprekke” met De Villiers voer oor van sy openbare uitsprake.

De Villiers het verlede week ’n storm ontketen deur die Bok-span se steun aan die Blou Bul-stut Bees Roux, wat van moord op ’n Tshwane-metropolisie beampte aangekla word, toe te sê.

Hoskins het intussen aan die polisieman se familie geskryf om Saru se “ondersteuning en meegevoel” oor te dra.

Suid-Afrika het sedert hy verlede jaar die Drienasies-titel verower het net ses uit 13 toetse gewen.

Die Bok-span wat eergister teen Australië verloor het, was in terme van toetse gespeel ook die mees ervare in Suid-Afrika se geskiedenis.

Dit het Australië net 25 minute geneem om ’n bonuspunt vir vier drieë te kry.

Die 22 drieë wat Suid-Afrika in vanjaar se toernooi afgestaan het, is die meeste in die geskiedenis van die toernooi.

“Dit was net te maklik vir hulle om aan te val en hulle het sonder enige moeite deur ons verdediging gekom,” het John Smit, die Bok-kaptein, ná die wedstryd gesê.

“Ek kan baie verskonings bied, maar jy doen dit net wanneer jy tweede kom. Ons is nie op ons beste nie en het baie werk om te doen.”

Vanjaar se reeks sal veral onthou word vir die skokkende verdediging deur die Springbokke.

Hulle was die bonuspunt-melkkoeie in die reeks en het in net een wedstryd nié bonuspunte afgestaan nie, berig JJ Harmse (berig op bl. 24).

Die oud-Springbokkaptein Wynand Claassen het die Springbok-span se vertonings as “treurig” beskryf, berig Retha Grobbelaar.

“Daar is groot name, maar wat help dit? As jy hulle ervaring in ag neem is dit die slegste Springbok-span in die geskiedenis. ’n Mens verwag meer.

“Dit lyk nie meer of daar passie is nie,” het Claassen gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
75 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY02
2003
R 95,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.