Brandstof kan gou te min wees

2012-02-21 22:53

’n Landwye tekort aan brandstofprodukte weens verouderde infrastruktuur is ’n on­mid­del­like moontlikheid as die staat en ander rolspelers nie gou die probleem takel nie.

Die meeste van Suid-Afrika se raffinaderye is in die 1960’s gebou en die petroleumbedryf verkeer onder konstante druk wat nie gou opgelos gaan word nie.

So sê mnr. Peter Noke, nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Petro­leum-kleinhande- laarsvereniging ­(Sapra). Hy sê die bedryf is sedert November verlede jaar onder druk ná beplande en onbeplande instandhouding by die Sapref- en Enref-raffinaderye in Durban.

“Dit is egter net een van ’n aantal probleme in die bedryf.”

Hy het gewaarsku dat veral kleiner vulstasies op die platteland in die nabye toekoms hul deure sal moet sluit.

Daar is ook ’n tekort aan bitumen, ’n byproduk in die vervaardiging van brandstofprodukte wat vir padbou gebruik word.

Noke sê die brandstofbedryf is duur en kompleks met baie rolspelers, soos die departement van energiesake, die Nasionale Energiereguleerder (Nersa), Transnet, die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging (Sapia) en Prasa.

“Ons infrastruktuur het nie tred gehou met ontwikkeling nie.” Hy het gesê daar is ’n twis tussen rolspelers oor wie verantwoordelikheid moet neem vir die bou van nuwe raffinadery en brandstofdepots. Dringende samesprekings word gehou om verdere tekorte te verhinder.

Mnr. Phillip Hechter, besturende direkteur van Much ­Asphalt – Suid-Afrika se grootste kommersiële verskaffer van asfaltprodukte, het gesê redes vir dié tekort is probleme by raffinaderye. Hy het gesê veral kleiner ondernemings sukkel.

“Lughawens en nasionale paaie kry voorkeur.

Tegnologie word ontwikkel om soveel as moontlik brandstofprodukte uit ruolie te kry. Bitumen is slegs 1% van die eindproduk en soos daar oorgeskakel word na skoon brandstof met laer swaelvlakke, gaan die situasie vererger.”

Binne Beeld

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JD Edwards BA

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R500000

Financial Controller

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Toshiba-tabletrekenaar AT-100

Bespaar R1 000 op dié fantastiese tabletrekenaar. Nou slegs R2 999,95. Koop dit nou.

Massiewe speletjie-uitverkoping

Kry tot 65% afslag op speletjies. Alle voorraad moet verkoop word. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Meng & Pas

Meng en pas twee albums vir die prys vir R149. Nuwe albums het so pas ingekom. Koop dit nou.

Moet-lees-boeke vir tieners

Die gewildste boeke vir tieners en jong volwassenes. Hunger Games, The Flappers & meer. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.