Brief gee riglyne aan skole oor toelating

2010-07-29 22:30

Dit lyk nie of die Gautengse onderwysdepartement enigsins van plan is om op te hou inmeng by die funksionering van skoolbeheerliggame nie.

So meen die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) na aanleiding van ’n omsendbrief wat die departement onlangs aan skole gestuur het.

Omgekrapte hoofde het ook by Beeld oor dié brief gekla.

Volgens me. Melanie Buys, Fedsas se provinsiale bestuurder in Gauteng, bevat die brief omvattende riglyne rakende skole se toelatingsbeleid, wat volgens die Skolewet die verantwoordelikheid van die beheerliggaam is.

Die brief maak melding dat skole voorkeur moet gee aan leerlinge wat in die skole se onmiddellike “geografiese gebied” woon of wie se ouers in dié gebied werksaam is.

Dié leerlinge word op ’n sogenaamde waglys A geplaas en leerlinge wat nie aan dié en ander vereistes voldoen nie, op ’n waglys B.

Volgens Buys stel die Skolewet dit duidelik dat ’n onderwysdepartement nie toelatingskriteria mag voorskryf nie.

Fedsas hét al sy besware oor die brief aan die departement gestuur.

Fedsas wys daarop dat enige brief wat ’n onderwyshoof uitstuur net kan handel oor die wyse waarop aansoek om toelating gedoen moet word. Dit kan nié die kriteria bepaal nie.

Fedsas het voorts gesê die inhoud van paragrawe wat handel oor die waglyste gaan verder as oor hoe aansoek gedoen moet word en wil kriteria voorskryf wat nie ingevolge wetgewing geldig is nie.

Volgens Fedsas is daar ook ’n probleem rondom die datum wat vir herregistrasie gestel word.

Buys het gesê die omsendbrief aan skole is teen die wet en Fedsas het sy lede aangeraai om soos normaalweg met die registrasieproses vir volgende jaar voort te gaan totdat daar uitsluitsel oor die saak is.

Fedsas het hom ook uitgespreek oor die feit dat daar nêrens in die omsendbrief gemeld word dat amptenare beheerliggame se funksies rakende toelatings moet erken of respekteer nie.

Die departement het in reaksie gesê dit is jammer dat Fedsas sy sienings in die media opper terwyl hy aan verskeie vergaderings met die departement deelgeneem het.

“Die departement het Fedsas se sienings in ’n gees van konsultasie en koöperatiewe beheer geakkommodeer. Fedsas was nie by die laaste vergadering teenwoordig waar in die teenwoordigheid van vyf skoolbeheerliggaam-verenigings finaal oor die omsendbrief besluit en dit onderteken is nie.”

Die departement bly verbind tot goeie beheer en sal verder by belangegroepe betrokke raak as dit nodig sou wees, lui sy verklaring.

binne beeld

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 11-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 7-25°C Sunny. Mild. Bfn: 3-24°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-22°C Morning clouds. Cool. PE: 10-21°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Service Level Manager

Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Construction Manager

Gauteng - Midrand
Master Career Consulting

Financial Manager

Gauteng - East Rand
Network Recruitment CA- Centurion
R550,000-600,000 Per Annum Cost To Company

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2008
R 87,990.00

SSANGYONG

Musso Sports 290 D-Cab Dsl PU
2006
R 99,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i CitiSport AB 5-dr
2009
R 79,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

DIE BOORD

House R 4 295 000

SPRINGBOK

House R 1 250 000

UVONGO

House R 1 530 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Paramount Uitverkoping

ALLES OP UITVERKOPING

Mission Impossible, Into the Wild, Norbit, Sum Of All Fears & MEER.

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...